Corridor 1 - First Base

Gang 1 – Arabian Avenue

  • AA is blou en is bekend as die akademiese gang met ʼn ontembare gees.
  • Die jaarlikse AA-week waartydens die gang informal en fliek in pajamas plaasvind. Tydens hierdie week moet die eerstejaars ook ʼn liedjie saam met hulle kamermaat sing en voer as ʼn groep ʼn kort tonnelstukkie op.
  • AA is bekend vir hoe stiptelik hulle is en daag dus altyd eerste op wanneer aktiwiteite gehou word.
  • AA hou gereelde game nights op die gang, waar hulle saam 30 Seconds speel.
  • AA se mascot is ʼn genie-lampie met die naam Helmut.

Corridor 2 - Bureaucrats

Gang 2 – Broadway

  • Broadway se kleur is pers. Hierdie gang staan bekend as die mense-mense en hulle hoofdoel is om pret te hê.
  • Hulle gaan bos wanneer hulle aantrek vir aksies.
  • Hulle het ʼn rooshangseremonie wanneer die eerstejaars hulle koshuismammas kry. Elke lid van die gesin kry ʼn roos en die rose word dan in ʼn bossie saam teen ʼn muur gehang om die familie se eenheid te simboliseer.
  • In die eerste kwartaal gaan kyk die gang-HK-lede en eerstejaars die sonopkoms by die treinspoor om saam ʼn spesiale oomblik te deel.
  • Hulle mascots is Oefen Goefen met al sy riete (Riekie, Tiekie, Tembo, Nasa, Rembo, Charo, Baro, Richie, Mopembo, Bembo), Sir Billy en Otis.

Corridor 3- Bad Boys

Gang 3 – Sarasola

  • Sarasola se kleur is rooi en hulle is bekend as die gang van liefde.
  • Hulle het ʼn jaarlikse Oesdag waar hulle kaas en wyn saam geniet.
  • Hulle mascot is ʼn boom met die naam Eros.

Corridor 4 - Shibumi

Gang 4 – The Heights

  • The Heights se kleur is pienk en hulle staan bekend as die dames van die dames.
  • Tydens die jaarlikse Zoepweek, waar eerstejaars ʼn senior as ʼn koshuismamma kry, kry The Heights se dames twee mammas, maar op die ander gange net een. Die dames op die gang word ook nooit oud nie, so daar is nie oumas op die gang nie.
  • Die gang het ook ʼn jaarlikse date-aksie waar die koshuismammas vir hulle koshuiskinders ʼn metgesel vir die aand reël indien hulle wil en almal dan lekker saam kan kuier.
  • Hulle mascot is ʼn plank met die naam Generaal Plank.

Corridor 5 - 5th Avenue

Gang 5 – Cinema Paradiso

  • CP se kleur is geel en hulle staan bekend as die kompeterende gang met die lekkerste gees.
  • Hul slagspreuk lui: “Where nights turn into mornings and friends turn into family.”
  • Gedurende R&O moet die eerstejaars ʼn voёltjie uit papier vou en dan ʼn agtergrondstorie vir die voёltjie opmaak en vertel.
  • CP het ʼn gly-en-braai-aksie waar hulle op die stoep ʼn vleisie braai en hul eie opblaasswembadjie agter die koshuis benut.
  • Hulle mascot is ʼn braaier met die naam Jan Braai

 

Corridor 6- Haak & Steek

Gang 6 – Vice Versa

  • Vice Versa se primêre kleure is swart en wit en groen, wat hulle ook dan na aksies dra aangesien Vice Versa nooit volgens tema aantrek nie.
  • Die dames van hierdie gang is altyd fashionably late, aangesien hul leuse “Always late but worth the wait” is.
  • Die eerstejaars ontvang blarekransies ná seniorontmoeting, as ʼn simbool dat hulle amptelik deel van die gang vorm.
  • Hulle het ʼn marshmallow braai-aksie, waar al die dames van die gang marshmallows braai.
  • Tydens R&O het hulle ʼn tradisie met die naam “renosterboomduik.”
  • Hul mascot is ʼn winkelpop met die naam Koekie Loekie.