**

Aandag voornemende #NWUEagles! Die reis om by die NWU-familie aan te sluit is 'n opwindende een, en ons is hier om jou elke treë van die pad te lei. Kyk na ons gereelde vrae vir noodsaaklike inligting oor laat aansoeke, uitslae, registrasiefooie, verblyf, en meer.

2024 Registrasietydperk en Oriënteringsprogram

Die 2024 Registrasietydperk en Oriënteringsprogram (R&O-program) vir Eerstejaarstudente wat in 2024 by die Noordwes-Universiteit registreer, sal soos volg plaasvind:

Beskrywing Datum
Registrasietydperk vir eerstejaarstudente begin (aanlyn registrasie) 22 Januarie 2024
Universiteitskoshuise Intrekdatums 1-3 Februarie 2024
Daghuise-lidmaatskapregistrasietydperk (op-kampus) 1 Februarie 2024
Verwelkomingsgeleenthede vir Universiteitskoshuis- en Daghuisstudente wat by onderskeie lokale aangebied word 3 Februarie 2024
Oriënteringsprogram begin 3 Februarie 2024
Oriënteringsprogram sluit af 10 Februarie 2024
Klasse begin 12 Februarie 2024
Informele oriëntering en ko-kurrikulêre program (aangebied na-ure) 12-16 Februarie 2024

Fakulteitsprogramme

 

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Geesteswetenskappe

Gesondheidswetenskappe

Ingenieurswese

Natuur- en Landbouwetenskappe

Opvoedkunde

Regte

Teologie

 

Toets vir Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG)

Aan die begin van hul eerste akademiese jaar skryf studente die Toets vir Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG). Afhangende van hul resultate (vlak van risiko) word van studente verwag om vir Akademiese Geletterdheidsmodules te registreer. Vind alles uit oor TAG

 

Kampusprogramme

Infografika

Die volgende infografika verskaf meer inligting oor studentefinansies, noodsaaklike items om saam te bring universiteit toe, en aanbevole items om saam te bring indien jy in 'n universiteitskoshuis bly.

Sentrum vir Onderrig en Leer

efundi
academic advising
peer mentoring
navigator