Welkom by Finansiële Steundienste (FSD)       

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se beurs het ten doel om studente wat ‘n bydrae wil lewer tot die skep van ‘n motiverende klimaat aan die Universiteit - op grond van hulle akademiese-, leierskap-, kuns- en kultuur- asook sportprestasies – finansieel te ondersteun waar moontlik (binne spesifieke riglyne).  Neem kennis dat die universiteit hom die reg voorbehou om, sonder vooraf kennisgewing, wysigings aan te bring met betrekking tot voorwaardes, bedrae en toekennings soos goedgekeur deur die Beurse Komitee.

Kontak ons gerus indien u enige navrae het.  Die hoof en personeel help graag en ons handhaaf 'n oop-deur beleid.