Kamers

Die enkelkamers is ruim en bevat ook onder andere 4 boekrakkies bo die bed en ‘n groot lessenaar. Die enkelkamers beskik onder andere oor 1 internetpunt, 1 verwarmer en 1 “beeper” waarop die persoon op telefoondiens die inwoner kan kontak in haar kamer. Die enkelkamers beskik ook oor ‘n aansteekbord teen die muur waarop versierings aangebring kan word, asook ‘n aansteekbord bo die lessenaar. Daar mag onder andere ‘n yskas, mikrogolfoond, ketel en waaier in die kamer ingeneem word. Die dubbelkamers is ruim, tog privaat. ‘n Hoë boekrak met ‘n lessenaar aan elke kant skei ‘n gedeelte van die kamer in die helfte en skep meer privaatheid vir die inwoners. Daar is ook 4 boekrakkies bo elke bed. Elke kant bevat ‘n aansteekbord teen die muur waarteen versierings aangebring mag word. Elke kamer beskik ook oor 2 internetpunte, 1 verwarmer en 1 “beeper” waarop die persoon op telefoondiens die inwoners kan kontak in die kamer.

Ander fasiliteite

Elke gang beskik oor ‘n ruim kombuis wat 2 wasbakke, 3 kombuiskaste, 5 kragpunte en groot werksoppervlaktes het. Elke kombuis het ook ‘n gefiltreerde water sisteem waar gesuiwerde koue water of kook water verkry kan word. Daar is ook Telefoonhokkies waar studente Verniet uitbel na enige plek op kampus. Elke gang het ‘n waskamer wat beskik oor 1 wasmasjien,1 tuimeldroeër, 2 groot wasbakke en droograkkies. Elke gang het sy eie “skietlys” waarop elke inwoner van die gang haar eie dag en tyd kan bespreek wanneer sy wil wasgoed doen. Die stelsel verseker dat elke inwoner haar eie wasgoed tyd kan kies en niemand anders in daardie tyd die masjiene mag gebruik nie.

Karlien het twee rekenaarlokale, een op Vloer 1 en een op Vloer 7. Elke rekenaarkamer beskik oor 3 rekenaars met internet. Die lokale is enige tyd van die dag of nag tot enige Karlien inwoner se beskikking om te gebruik.