Hoe om vir meestersgraad- en doktorale studie aansoek te doen
- Die toekenning van ’n studentenommer/universiteitsnommer beteken nie dat die aansoeker aanvaar is vir die program waarvoor hulle aansoek gedoen het nie. ’n Studentenommer/universiteitsnommer word slegs vir administratiewe doeleindes uitgereik.
- Alle dokumente moet deur ’n kommissaris van ede, prokureur en/of universiteitsbeampte gewaarmerk word.
- As enige van jou kwalifikasies by ’n nie-Suid-Afrikaanse instelling verwerf is, moet ’n evalueringsertifikaat soos uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) ingelewer word. Aansoekers kan by SAKO vir die evalueringsertifikaat aansoek doen.
- Let asseblief daarop dat indien enige een van die dokumente in jou nooiensvan uitgereik is, jy ook ’n gewaarmerkte huweliksertifikaat moet indien.
- Sien riglyne vir aanlyn aansoeke
- Bykomende inligting kan deur die betrokke fakulteit vereis word. Konsulteer ook relevante fakulteitwebbladsye.
Doen soos volg aansoek:
Ek is ’n huidige NWU-student (ek kan maar net nie genoeg van die NWU kry nie)
- Lees versigtig deur die brosjure vir magister en doktorale aansoekers
- Doen aanlyn aansoek (sien riglyne)
- Die volgende stawende dokumente moet saam met jou aansoek ingedien word: (SA burgers):
- ʼn Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument (of jou paspoort as jy ʼn internasionale student is).
- Gewaarmerkte afskrifte van akademiese transkripsies van alle kwalifikasies wat aan ander hoëronderwysinstansies verwerf is.
- Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander hoëronderwysinstansies.
Ek is ’n alumnus (voormalige student) van die NWU (ek wil meer van die NWU hê)
- Lees versigtig deur die brosjure vir magister en doktorale aansoekers
- Doen aanlyn aansoek (sien riglyne)
- Die volgende stawende dokumente moet saam met jou aansoek ingedien word: (SA burgers):
- ʼn Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument (of jou paspoort as jy ʼn internasionale student is).
- Gewaarmerkte afskrifte van akademiese transkripsies van alle kwalifikasies wat aan ander hoëronderwysinstansies verwerf is.
- Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander hoëronderwysinstansies.
Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees): Suid-Afrikaanse burgers
- Lees versigtig deur die brosjure vir magister en doktorale aansoekers
- Doen aanlyn aansoek (sien riglyne)
- Die volgende stawende dokumente moet saam met jou aansoek ingedien word (SA burgers):
- ʼn Gewaarmerkte afskrif van jou SA ID-dokument (of jou paspoort as jy ʼn internasionale student is).
- Gewaarmerkte afskrifte van akademiese transkripsies van alle kwalifikasies wat aan ander hoëronderwysinstansies verwerf is.
- Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade van ander hoëronderwysinstansies.
Ek is ’n nuwe NWU-aansoeker (ek wil deel van die NWU wees): Internasionale aansoekers
Let wel:
- Alle internasionale studente moet die volle bedrag en relevante koste van hulle voorgenome studie vooruit betaal voordat registrasie gefinaliseer kan word.
- By ontvangs van al die relevante dokumente sal jou aansoek deur die toepaslike fakulteit geëvalueer word. Let asseblief daarop dat dit tot ses maande kan duur om ’n aansoek te verwerk. Nagraadse registrasies word egter tot aan die einde van Maart elke jaar aanvaar. Die akademiese jaar aan die Noordwes-Universiteit loop van Januarie tot Desember.
- Alle voornemende internasionale studente moet by aankoms op die kampus by die Internasionale Kantoor van die Noordwes-Universiteit rapporteer vir hulp ten opsigte van studiepermitte en akkommodasie. Gee asseblief die volgende in wanneer jy by die Internasionale Kantoor rapporteer:
- ’n Beëdigde verklaring of bankwaarborg moet ingegee word om te verseker dat jy toegang het tot die nodige finansies wat jou in staat sal stel om jou studie te onderneem en jou lewenskoste vir die volle duur van jou studie te dek.
- Bewys van mediese dekking vir die duur van jou studie aan die Noordwes-Universiteit. Die Internasionale Kantoor sal hulp verskaf waar nodig.
- Verdere riglyne
Hoe om aansoek te doen:
- Doen aanlyn aansoek (sien riglyne)
- Die volgende stawende dokumente moet saam met jou aansoek ingedien word:
- ’n Gewaarmerkte afskrif van jou paspoort.
- Gewaarmerkte afskrifte van alle akademiese afskrifte, insluitende die finale uitslae van alle kwalifikasies wat verwerf is.
- Gewaarmerkte afskrifte van alle sertifikate/diplomas/grade. (’n Evalueringsertifikaat soos deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-Owerheid (SAKO) uitgereik word, moet ingedien word indien jou vorige kwalifikasie in die buiteland verwerf is. Die evalueringsertifikaat kan via die SAKO-webwerf verkry word.)
- ’n Gedragsertifikaat soos deur die registrateur van die universiteit/kollege/technikon waar jy geregistreer was (of tans geregistreer is).
- ’n Bewyssertifikaat van vaardigheid in Engels:
- Voornemende studente van nie-Engelstalige lande moet ’n sertifikaat van vaardigheid in die Engelse taal ingee, óf die TOEFL-sertifikaat of uitslae van die Universiteit van Cambridge se internasionale taaltoetsstelsel. Studente wat hulle studie deur ’n Engels-mediuminstelling voltooi het voordat hulle hulle aansoek ingedien het, kan skriftelik vir vrystelling van die TOEFL-toets aansoek doen. Kry die TOEFL-toets hier: https://www.ets.org/toefl
- Bewys van betaling van die aansoekgeld (nieterugbetaalbaar) van R550 vir internasionale studente:
-
Bankbesonderhede:
-
Rekeningnaam: NWU Aanlyn Registrasies
-
Bank: ABSA
-
Rekeningnommer: 4091691369
-
Takkode: 632-005
-
Verwysingsnommer:
-
NWU-studentenommer/universiteitsnommer OF
-
H + ID-nommer indien die aansoeker ʼn Suid-Afrikaanse burger is, bv. H8401235057089 OF H + geboortedatum en van indien die aansoeker nie ʼn Suid-Afrikaanse burger is nie, bv. H840123Jacobs
-
-
-