Aandag voornemende #NWUEagles! Die reis om by die NWU-familie aan te sluit is 'n opwindende een, en ons is hier om jou elke treë van die pad te lei. Kyk na ons gereelde vrae vir noodsaaklike inligting oor laat aansoeke, uitslae, registrasiefooie, verblyf, en meer.
2024 Registrasietydperk en Oriënteringsprogram
Die 2024 Registrasietydperk en Oriënteringsprogram (R&O-program) vir Eerstejaarstudente wat in 2024 by die Noordwes-Universiteit registreer, sal soos volg plaasvind:
Beskrywing | Datum |
Registrasietydperk vir eerstejaarstudente begin (aanlyn registrasie) | 22 Januarie 2024 |
Universiteitskoshuise Intrekdatums | 1-3 Februarie 2024 |
Daghuise-lidmaatskapregistrasietydperk (op-kampus) | 1 Februarie 2024 |
Verwelkomingsgeleenthede vir Universiteitskoshuis- en Daghuisstudente wat by onderskeie lokale aangebied word | 3 Februarie 2024 |
Oriënteringsprogram begin | 3 Februarie 2024 |
Oriënteringsprogram sluit af | 10 Februarie 2024 |
Klasse begin | 12 Februarie 2024 |
Informele oriëntering en ko-kurrikulêre program (aangebied na-ure) | 12-16 Februarie 2024 |
Fakulteitsprogramme
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Geesteswetenskappe
Gesondheidswetenskappe
Ingenieurswese
Natuur- en Landbouwetenskappe
Opvoedkunde
Regte
Teologie
Toets vir Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG)
Aan die begin van hul eerste akademiese jaar skryf studente die Toets vir Akademiese Geletterdheidsvlakke (TAG). Afhangende van hul resultate (vlak van risiko) word van studente verwag om vir Akademiese Geletterdheidsmodules te registreer. Vind alles uit oor TAG
Kampusprogramme
Infografika
Die volgende infografika verskaf meer inligting oor studentefinansies, noodsaaklike items om saam te bring universiteit toe, en aanbevole items om saam te bring indien jy in 'n universiteitskoshuis bly.