Toelatingsvereistes
Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.
Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word.
Neem asseblief kennis dat die Universiteit - weens bepaalde kapasiteitsbeperkings - die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Besoek die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
|
Graad |
Rigting |
Vakke / Vereistes |
APS |
Kampus |
|---|---|---|---|---|
| SKOOL VIR REKENINGKUNDE | ||||
|
Baccalaureus Commercii (BCom) |
in Rekeningkunde |
|
24 |
Vanderbijlpark |
| in Geoktrooieerde Rekeningkunde |
|
32 |
Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
in Geoktrooieerde Rekeningkunde Uitgebreide Program |
|
28 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
| in Finansiële Rekeningkunde |
|
28 |
Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
in Finansiële Rekeningkunde Uitgebreide Program |
|
24 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
| in Forensiese Rekeningkunde |
|
36 |
Potchefstroom |
|
| in Bestuursrekeningkunde |
|
30 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
| SKOOL VIR EKONOMIESE WETENSKAPPE | ||||
|
Baccalaureus Commercii (BCom) |
in Operasionele Navorsing |
|
24 |
Mahikeng |
| in Statistiek |
|
24 |
Mahikeng |
|
|
in Statistiek Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng |
|
|
Baccalaureus Commercii (BCom) in Sakebedrywighede |
met Logistieke Bestuur |
|
24 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
met Logistieke Bestuur Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
|
met Vervoerekonomie |
|
24 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
|
met Vervoerekonomie Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
| SKOOL VIR REKENINGKUNDE | ||||
| Baccalaureus Commercii (BCom) in Ekonomiese Wetenskappe |
met Landbou-ekonomie en Risikobestuur |
|
26 |
Potchefstroom |
|
met Ekonometrie |
|
26 |
Mahikeng |
|
|
met Ekonometrie Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng |
|
|
met Internasionale Handel |
|
26 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
met Internasionale Handel Uitgebreide Program |
|
24 |
Vanderbijlpark |
|
|
met Informatika |
|
26 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
| met Inligtingstelsels |
|
26 | Mahikeng | |
|
met Inligtingstelsels Uitgebreide Program |
|
20 | Mahikeng | |
|
met Risikobestuur |
|
26 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
met Risikobestuur Uitgebreide Program |
|
24 |
Vanderbijlpark |
|
| SKOOL VIR BEDRYFSIELKUNDE EN HULPBRONBESTUUR | ||||
| Baccalaureus in Administrasie |
Mensehulpbronbestuur |
|
23 | Mahikeng |
|
Menslike Hulpbronbestuur Uitgebreide Program |
|
21 | Mahikeng | |
| Bedryf- en Organisasiesielkunde |
|
23 | Mahikeng | |
|
Bedryf- en Organisasiesielkunde Uitgebreide Program |
|
21 | Mahikeng | |
|
Baccalaureus Artium (BA)
|
in Bedryf- en Organisasie-sielkunde en Arbeids-verhoudingebestuur |
|
26 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
| Baccalaureus Commercii (BCom) | Mensehulpbronbestuur |
|
30 |
Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
in Bedryf- en Organisasiesielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur |
|
30 |
Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
| SKOOL VIR BESTUURSWETENSKAPPE | ||||
| Baccalaureus Commercii (BCom) in Bestuurswetenskappe |
met Ondernemingsbestuur |
|
24 |
Potchefstroom Vanderbijlpark Mahikeng |
|
met Ondernemingsbestuur Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng |
|
|
met Kommunikasiebestuur |
|
24 |
Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
met Bemarkingsbestuur |
|
24 |
Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark |
|
|
met Bemarkingsbestuur Uitgebreide Program |
|
20 |
Mahikeng Vanderbijlpark |
|
|
met Sportbesigheidsbestuur |
|
24 |
Vanderbijlpark |
|
| met Veiligheidsbestuur | ||||
| met Bemarking en Toerismebestuur |
|
24 |
Mahikeng Potchefstroom |
|
| SKOOL VIR TOERISMEBESTUUR | ||||
|
Baccalaureus Artium |
met Toerismebestuur |
|
22 |
Mahikeng |
|
Baccalaureus Commercii in Bestuurswetenskappe |
met Toerismebestuur |
|
24 |
Potchefstroom |
|
met Toerisme en Rekreasievaardighede |
|
24 |
Potchefstroom |
|
|
Mahikeng: Onderrigtaal is Engels. |
||||
HOKSR-belyning
Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame [die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO)], ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.
Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2027 akademiese jaar. Suksesvolle kandidate word aangemoedig om met die relevante fakulteit te kontak om seker te maak dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.