Eksamen- en assesseringsroosters

Kyk gereeld na die roosters aangesien dit voortdurend gewysig en bygewerk word (onthou om jou blad te verfris en jou cachegeheue skoon te maak).

Instruksies oor hoe om jou webblad-cachegeheue skoon te maak (doen dit gereeld om te verseker dat jy altyd die nuutste weergawes van roosters ontvang):

Aanlyn eksamen reëls

Neem Kennis!

Tweedegeleentheid-eksamens – Kontakstudente (insluitend dié wat in Namibië woon)

Na aanleiding van die omsendbrief wat deur die Kantoor van die Registrateur uitgereik is rakende die assesseringsmetode van eerste- en tweedegeleentheid-eksamens, wil ons jou graag aan die volgende belangrike inligting oor jou tweedegeleentheid-eksamen herinner:

 

  • Alle kontakstudente, insluitend kontakstudente wat in Namibië woon en vir die kontakleweringsmodus geregistreer is, mag voortaan nie meer versoek om hul tweedegeleentheid-eksamens aanlyn af te lê nie.
  • Alle kontakstudente moet beide hul eerste- en tweedegeleentheid-eksamens persoonlik by die kampus waar hulle geregistreer is, aflê.
  • Die eksamenlokale wat spesifiek vir u kampus geld, sal op die gefinaliseerde eksamenroosters aangedui word. Hierdie roosters sal mettertyd op hierdie webblad gepubliseer word.
  • Ons moedig jou aan om dienooreenkomstig te beplan en die nodige reëlings te tref om u eksamens onder toesig persoonlik op die kampus af te lê.

 

Ons wens jou alle sterkte toe met u komende eksamens!
 

Eksamenroosters 2026

Tweede semester

Eerste geleentheid

 

Mahikengkampus: bygewerk 16 Okt

Potchefstroomkampus: bygewerk 16 Okt

Vanderbijlparkkampus: bygewerk 16 Okt

 


Kontakbesonderhede

Image of a graduation cap

Neem kennis!

Eerste semester eksamens 2026

Belangrike inligting rakende die 2026 eerste semester eksamens en amptelike eksamenreëls...lees meer

​

Hoe om jou kursuspunte te kry

Vind uit waar om jou kursus (module) -punte op die Studenteportaal te kry ..lees meer