Ken jou aansoekstatus
Het jou aansoekstatus pas verander? Jy wonder dalk: Wat beteken dit eintlik?
Hier is ’n handige gids tot wat elke status op jou NWU-aansoekprofiel beteken:
Status |
Wat dit beteken |
---|---|
Aansoek het begin |
Jy het jou aansoek begin, maar dit nog nie ingedien nie. Geen keuring kan plaasvind voordat dit ingehandig is nie. Maak seker jy kyk na die programspesifieke sperdatum op die NWU-webwerf. |
Aansoek ingedien |
Jou aansoek is suksesvol ingedien. Jy kan nou nie meer veranderinge daaraan maak nie. |
Aansoek geverifieer |
Jou dokumente is nagegaan en is na die keuringskomitee gestuur vir hersiening. |
Voorwaardelike aanbod |
Jy voldoen aan die meeste toelatingsvereistes, maar sekere voorwaardes (soos finale uitslae of dokumente) moet nog nagekom word. |
Finale aanbod |
Jy het aan al die vereistes voldoen en jou finale aanbod is uitgereik. |
Onsuksesvol |
Ongelukkig was jou aansoek nie suksesvol vir die huidige akademiese jaar nie. |
Voorwaardelike aanbod aanvaar |
Jy het die voorwaardelike aanbod aanvaar en verstaan dat daar steeds voorwaardes is wat nagekom moet word. Dit is nog nie ’n finale aanbod nie. |
Voorwaardelike aanbod afgekeur |
Jy het die voorwaardelike aanbod van die hand gewys. Jou aansoek vir hierdie jaar is nou gesluit. |
Finale aanbod aanvaar |
Jy het die finale aanbod aanvaar en het nou toegang tot die NWU Studenteportaal. |
Finale aanbod afgekeur |
Jy het die finale aanbod van die hand gewys. Jou aansoek vir hierdie jaar is nou gesluit. |
Registrasie gereed |
Jy is ten volle toegelaat! Meld aan by die Studenteportaal om met registrasie te begin. |
Hou jou aansoek dop
Jy kan jou aansoek se vordering dophou deur aan te meld by die NWU-aansoekportaal.
Gebruik eenvoudig jou e-posadres en wagwoord om toegang tot jou profiel te verkry, en kyk gereeld vir statusopdaterings.
Neem asseblief kennis: Weens spesifieke kapasiteitsbeperkings behou die Universiteit die reg voor om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum vereistes voldoen nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens die kapasiteitsbeperkings en die hoë aanvraag van studente vir toelating tot bepaalde studierigtings, sal studente op grond van hul graad 12-uitslae vir toelating tot hierdie rigtings gekeur word.