Die belangrikheid van die regte vakkeuses kan nie onderskat word nie. 

Hoekom is vakkeuses so belangrik?

Die akademiese kurrikulum van Graad R tot Graad 9 berei jou voor om vakkeuses in Graad 10 te maak. Jy moet ʼn minimum van sewe vakke vir Graad 10 kies, wat die grondslag sal vorm vir moontlike verdere studies sowel as jou toekomstige beroepskeuses.

Die sewe vakke wat jy kies sal drie verpligte en vier keusevakke insluit. Jou vakkeuses moet gedoen word op grond van die kennis wat jy tot dusver opgedoen het, hoeveel jy die vakke geniet het en watter vaardighede jy aangeleer het en vorentoe wil neem. Jy moet die moeilikheidsgraad van die vakke verstaan. Sal jy jou gekose vakke kan bemeester?

Beroepsvoorligting is uiters belangrik en moet deel uitmaak van die neem van ʼn ingeligte besluit. Professionele beroepsvoorligting is uiteraard die beste opsie wanneer vakkeuses ter sprake is. Opgeleide professionele persone assesseer jou op grond van jou belangstellings, waardes, aanleg en akademiese prestasies om jou die beste moontlike opsies te gee.

As jy nie hierdie diens kan bekostig nie, is die NWU se gratis Belangstellingsbepaler (Interest-Index) ʼn goeie beginpunt. Dit maak loopbaanvoorstelle gebaseer op jou belangstellings wat jou studie-opsies en vakkeuses sal rig. Of jy kan die NWU Loopbaansentrum kontak vir psigometriese toetsing.

Die regte vakkeuses bepaal die sukses van jou drome – kies dus goed. 

 

Vereistes vir Graad-10-vakke

Sewe vakke:

  • Vier verpligte vakke (2 Tale, Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid en LO)
  • Drie verdere vakke van die 25 goedgekeurde vakke

NSC 20-krediet goedgekeurde vakke (25)
(Kies ten minste 3 vakke)

Landbouwetenskap, Drama, Musiek, Visuele Kuns, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Ekonomie, Ingenieurswese, Grafika en Ontwerp (IGO), Geografie, Geskiedenis, Godsdiensonderrig, Inligtingstegnologie (IT), Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, Verbruikerstudies, Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie, Dansstudies, Ontwerp, Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie (RTT), Gasvryheidstudies en Toerisme.

Vereistes vir toelating tot studie aan die NWU

  1. ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) uitgereik deur Umalusi, wat ook aandui dat die kandidaat aan die minimum vereistes vir ʼn Baccalaureus-graad voldoen.
  2. NSS met ten minste 50% in enige vier 20-kredietvakke.
  3. Die Toelatingsvereistes van die betrokke universiteit met betrekking tot die taal van onderrig en leer (ten minste 50% tot 70% in die onderrigtaal).
  4. Die vereiste Akademiese Punteskaal (APS) of Cambridge level soos bepaal deur universiteite vir spesifieke studieprogramme – minimum van 6 vakke (uitgesonderd LO). 
  5. Vakspesifieke vereistes vir spesifieke studieprogramme (bv. Wiskunde 70% en Fisiese Wetenskap 60% vir Ingenieurswese).

Verpligte skoolvakke wat vereis vir studie by die NWU

Taal 1: Engels of Afrikaans

  • Medium van onderrig en leer.
  • Verpligtend vir alle programme. 
  • 50% − 70% minimum aanvaarbaar.

Taal 2

Wiskunde

  • Verplig vir alle BCom, BSc en Ingenieurswese.

Wiskundige Geletterdheid

  • Aanvaarbaar vir alle BA, BCom en BCom Uitgebreide Grade.
  • BA Regte: Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid 
  • BCom Ekonomie en Bemarking: Wiskunde 50% 
  • BCom GR: Wiskunde 60%, Rekeningkunde 50%
  • BA Kommunikasie Amptelike Taal 70%, 2de Taal 60%

Lewensoriëntering

  • Nie deel van finale APS-telling nie
  • Moet 50% of meer wees

Toelatingsvereistes

Let daarop dat bogenoemde toelatingsvereistes kan verander hangende keuring en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is ook onderhewig aan verandering, en dit is ʼn opsomming van die algemene studierigtings. Hierdie inligting is opgestel vir doeleindes van bekendstelling en oriëntering en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onakkuraathede wat in hierdie gids mag voorkom nie. Die amptelike universiteitsjaarboek moet in alle gevalle geraadpleeg word tydens die proses van die opstelling van ʼn program vir ʼn spesifieke studierigting.

Die toepaslike jaarboek is op versoek beskikbaar by:

Neem asseblief kennis dat die Universiteit as gevolg van spesifieke kapasiteitsbeperkings hom die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot bepaalde studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum vereistes voldoen nie noodwendig tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens die kapasiteitsbeperkings en die groot aantal studente wat aansoek doen om toelating tot bepaalde studierigtings sal studente op grond van hul Graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie studierigtings.