Kies ʼn toekoms wat deure oopmaak.
Die vakke wat jy in Graad 9 kies, kan bepaal watter geleenthede ná matriek vir jou beskikbaar is. Jy hoef nog nie presies te weet watter loopbaan jy eendag wil volg nie; jy moet net jou toekomstige opsies oophou.
Hoekom is vakkeuses so belangrik?
Vakkeuses speel ʼn deurslaggewende rol in die vorming van jou akademiese en loopbaanpad.
Van Graad R tot Graad 9 het jy ʼn basis gebou wat rigtinggewend sal wees vir jou keuses in Graad 10. Die vakke wat jy nou kies, sal die grondslag lê vir jou universiteitstudie en toekomstige loopbaangeleenthede.
Wat om te oorweeg wanneer dit by vakkeuses kom:
- Die kennis wat jy tot dusver opgedoen het,
- Wat jy geniet om te leer
- Jou sterkpunte en vermoëns
- Die droomloopbaan en die toelatingsvereistes daarvan
Noukeurige vakkeuses weg die baan vir sukses. Hierdie vakke sal jou voorsien van die nodige vaardighede en kennis in jou gewenste studierigting. Neem dus die tyd om ingeligte besluite te neem en kies verstandig.
Voordat jy jou vakke kies
Ons weet dat die keuse van jou Graad 10-vakke oorweldigend kan wees, maar jy hoef dit nie alleen te doen nie. Ons het al die inligting saamgesit wat jy nodig het om ingeligte keuses te maak.
Vra jouself af:
- Watter vakke geniet ek?
- Waarmee is ek goed?
- Watter vakke daag my uit op ʼn goeie manier?
- Watter loopbane klink vir jou interessant?
- Kies ek dit omdat ek dit geniet – of omdat my vriende dit kies?
Steeds onseker wat om te kies?
Begin deur jou belangstellings te verken.
Baie Graad 9-leerders weet nog nie presies wat hulle wil word nie, en dis heeltemal OK.
Die GRATIS NWU Belangstellingsbepaler help jou om studierigtings en loopbane te ontdek wat by jou belangstellings, sterkpunte en persoonlikheid pas.
Sodra jy die opname voltooi het, sal jy ʼn persoonlike verslag ontvang om jou te help om loopbane te verken wat jy dalk nog nooit tevore oorweeg het nie.
Dis ʼn goeie plek om te begin wanneer jy jou vakke kies.
Let wel:
- Die Belangstellingsbepaler nie bedoel is om ʼn plaasvervanger te wees vir professionele beroepsvoorligting nie.
- Vir professionele loopbaanvoorligting (psigometriese toetse), kontak gerus die NWU se Departement Studentevoorligtingsdienste. Of kontak jy ʼn Loopbaansielkundige in jou area.
Die keuse van jou Graad 10-vakke
Om die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te voltooi, moet elke leerder minstens sewe vakke neem.
Vier verpligte vakke
Alle leerders moet die volgende vier verpligte vakke neem:
- Een Amptelike Taal: Dit is jou keuse as die eerste amptelike taal.
- Eerste Addisionele Taal: Hierdie vak laat jou toe om ʼn addisionele taal aan te leer.
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid: Jy kan kies tussen Wiskunde, wat fokus op probleemoplossing en logiese denke, en Wiskundige Geletterdheid, wat fokus op die toepassing van wiskunde in werklike situasies.
- Lewensoriëntering: Hierdie vak dek verskeie belangrike lewensvaardighede, soos persoonlike ontwikkeling, gesondheid en welstand, beroepsvoorligting, en maatskaplike verantwoordelikheid.
Keusevakke
Benewens die verpligte vakke, moet jy ten minste drie (3) keusevakke vir die NSS kies gebaseer op jou belangstellings en toekomstige loopbaandoelwitte.
Onthou, hierdie vakke is geleenthede vir jou om jou passies na te streef, jou kennis uit te brei, en voor te berei vir jou toekomstige loopbaan. Ons moedig jou aan om vakke te kies wat ooreenstem met jou belangstellings en aspirasies.
Kies ʼn minimum van drie (3) vakke uit die onderstaande lys:
Kies die vakke wat jou belangstelling prikkel en wat met jou doelwitte strook.
- Rekeningkunde
- Landboubestuurspraktyke
- Landbouwetenskap
- Landboutegnologie
- Besigheidstudies
- Siviele Tegnologie (Siviele Dienste)
- Siviele Tegnologie (Konstruksie)
- Siviele Tegnologie (Houtwerk)
- Rekenaartoepassingstegnologie
- Verbruikerstudies
- Dansstudies
- Ontwerp
- Dramatiese Kunste
- Ekonomie
- Elektriese Tegnologie (Digitale Stelsels)
- Elektriese Tegnologie (Elektronika)
- Elektriese Tegnologie (Kragstelsels)
- Ingenieursgrafika en -ontwerp
- Geografie
- Geskiedenis
- Gasvryheidstudies
- Inligtingstegnologie
- Lewenswetenskappe
- Tale: ʼn Maksimum van drie tale op HT en EAT of ʼn maksimum van vier tale op enige vlak (sien opsies hieronder).
- Maritieme Ekonomie
- Mariene Wetenskap
- Meganiese Tegnologie (Motorkunde)
- Meganiese Tegnologie (Paswerk en Masjinering)
- Meganiese Tegnologie (Sweis- en Metaalwerk)
- Musiek
- Fisiese Wetenskappe
- Religieuse Studies
- Sport- en Oefenkunde
- Tegniese Wiskunde
- Tegniese Wetenskap
- Toerisme
- Visuele Kunste
Taalopsies:
|
|
| |
|
|
| |
|
Hoe kan vakkeusevoorligting help?
Vakkeusevoorligting speel ʼn deurslaggewende rol in die proses om beroepsbesluite te neem. Raadpleging van opgeleide beroepslui, soos loopbaanvoorligters, kan jou help om jou belangstellings, waardes, sterkpunte en vermoëns beter te verstaan. Dit sal jou help om vakke te kies wat jou toekomstige studie- en loopbaandoelwitte ondersteun. Daarom is dit belangrik om professionele raad in te win om ingeligte keuses te maak.
By die Noordwes-Universiteit erken ons die belangrikheid van loopbaanvoorligting tesame met vakkeuse. Ons is daartoe verbind om jou van die ondersteuning en hulpbronne te voorsien wat jy nodig het om ingeligte besluite te neem wat ooreenstem met jou toekomstige studies en loopbaandoelwitte.
Wiskunde, Tegniese Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid?
Een van die belangrikste besluite wat jy ooit sal neem, is om te kies tussen Wiskunde, Tegniese Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
Alhoewel al drie vakke waardevol is, lei hulle tot verskillende studiegeleenthede.
Fokus | Wiskunde | Wiskundige Geletterdheid | Tegniese Wiskunde |
| Probleemoplossing, kritiese denke | Alledaagse wiskunde (begrotings, data, beplanning) | Toegepaste, praktiese probleemoplossing | |
| Loopbaanopsies (Voorbeelde) | Ingenieurswese, Rekeningkunde | Regte, Verbruikerswetenskappe | BSc Inligtingstegnologie, Landbouwetenskappe |
Goed om te weet
- As jy onseker is oor watter loopbaan jy wil volg, sal Wiskunde oor die algemeen meer opsies vir jou ooplaat.
- Dis makliker om van Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid om te swaai as andersom.
- As jy Wiskundige Geletterdheid of Tegniese Wiskunde neem, sal jy hoër punte benodig om vir sekere studieprogramme te kwalifiseer as wanneer jy suiwer Wiskunde doen.
Algemene toelatingsvereistes vir universiteit
Toelatingsvereistes verskil tussen kwalifikasies en universiteite.
Aansoekers benodig:
- ʼn Nasionale Senior Sertifikaat
- Die vereiste APS-telling
- Die vereiste vakkombinasies
- Die minimum aantal punte vir die kwalifikasie wat hulle graag wil verwerf
Sommige kwalifikasies, soos Ingenieurswese, Gesondheidswetenskappe en Rekeningkunde, het bykomende vakvereistes.
Kyk altyd na die nuutste toelatingsvereistes voordat jy aansoek doen.
Dit Begin Alles Hier!
Toelatingsvereistes
Let asseblief daarop dat hierdie toelatingsvereistes van jaar tot jaar kan verander, en ook tussen fakulteite en programme kan verskil.
Die inligting wat op hierdie bladsy verskaf word, is bedoel as ʼn algemene riglyn. Voornemende studente moet altyd na die nuutste uitgawe van die NWU-jaarboek verwys vir die mees resente programinligting en toelatingsvereistes.
Voldoening aan die minimum vereistes waarborg nie toelating tot die NWU nie. Weens beperkte kapasiteit in sommige programme mag die Universiteit aansoekers selekteer op grond van hul finale Graad 11-uitslae, met finale toelating wat bevestig word na die vrystelling van hul finale Graad 12-uitslae.