Tipes keuring

  • As gevolg van die Covid-19-pandemie, sal aansoekers wat nie die "skadu progam" het nie, ook oorweeg word.
  • Papier/Akademiese keuring: Keuring word gedoen op akademiese prestasie van Gr 11 (finale punte) of Gr 12 (Junie- of finale punte) en beste kandidate word gekeur. Gemiddelde prestasie word ook in berekening gebring.
  • Fakulteitskeuring
  • Keuringstoetse
  • Sluitingsdatums:
    • Musiek: Aansoek vir toelating tot die universiteit het op 15 Julie 2022 gesluit en aansoek vir oudisies vir enige voorgraadse musiekprogramme het op 25 Julie 2022 gesluit.
    • Grafiese Ontwerp: 31 Augustus 2022
    • Ingenieurswese: 31 Augustus 2022
    • Stads- en Streeksbeplanning: 31 Augustus 2022
    • BSc Verbruikerswetenskappe: 31 Augustus 2022
    • Beroepshigiëne: 31 Augustus 2022
    • Alle ander keuringskursusse: 30 Junie 2022

Fakulteitskeuring


  • Regte (LLB, BCom Regte, BA Regte)
    • Keuring bestaan uit die gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar) en ‘n aanlyn vraelys.
    • Uitslag van keuring sal teen Augustus bekend gemaak word.
  • B Maatskaplike Werk
    • Aanvanklike keuring bestaan uit gr.11 punte of beskikbare graad 12 punte en ʼn aanlyn vraelys.
    • Eerste sifting sal teen 5 Augustus voltooi wees. Die uitnodiging na finale keuring sal aan suksesvolle kandidate gestuur word en sal in September plaasvind. Hierdie kandidate sal ʼn psigometriese evaluering voltooi.
    • September eksamen uitslae moet gestuur word na selections@nwu.ac.za wanneer dit beskikbaar is. Noem asb. dat die aansoek vir Maatskaplike Werk is en verskaf die studentenommer.
  • Stads- en Streeksbeplanning
    • Keuring bestaan uit die gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar), ‘n aanlyn vraelys, en ‘n onderhoud met ‘n Stadsbeplanner.
    • Die onderhoud met ‘n Stadsbeplanner dokument moet voltooi en ingestuur word teen 30 November 2021 (met die moontlikheid van uitstel tot registrasie).
    • Sekere kandidate mag gevra word om ‘n psigometriese evaluering te voltooi.
  • BHSc in Beroepshigiëne
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte en/of enige gr.12 punte beskikbaar teen die sluitingsdatum.
    • Die beste kandidate volgens ʼn rangsisteem gebaseer op uitslae sal gekies word. Suksesvolle kandidate moet steeds in Januarie 2022 aan die minimum vereistes voldoen. Onsuksesvolle kandidate mag vra vir herevaluering wanneer die September eksamenuitslae bekend gemaak word.
  • Baccalaureus Verpleegkunde
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte en/of gr.12 punte wat teen die sluitingsdatum beskikbaar is, skaduwerk en ʼn vraelys.
    • Skaduwerk is nie meer verpligtend vir 2022 nie. Die vraelys moet afgelaai word van die Skool vir Verpleegkunde se webblad en aan Tshegofatso Molemane - 22651306@nwu.ac.za (Mahikengkampus) en Bernice Mokele - Bernice.Mokele@nwu.ac.za (Potchefstroomkampus) gestuur word.
  • B Verbruikerstudies
  • BSc Verbruikerswetenskappe:
    • In Voedsel Produkbestuur
    • In Mode Handelbestuur
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte en/of enige beskikbare gr.12 punte.
    • Die beste kandidate volgens ʼn rangsisteem gebaseer op uitslae sal gekies word.
  • BA Grafiese ontwerp
    • Keuring sluit die inhandiging van ‘n portefeulje in. Inligting oor die portefeulje en sluitingsdatum vir inhandiging kan by Zita Kyster aangevra word (zita.kyster@nwu.ac.za / 018 299 4091)
    • Fase 1: 15 April- 31 Julie 2021 (doen aanlyn aansoek)
    • Fase 2: 1 Augustus tot 30 September (indiening van portfolio)
    • Fase 3: 1-30 Oktober (studente word na aanlyn onderhoude genooi. Onderhoude sal in die laaste week van Oktober gedoen word.)
  • BSc Dieetkunde
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar), ʼn telefoniese onderhoud en ʼn besoek aan ʼn Dieetkundige.
    • Telefoniese onderhoude sal tydens Augustus 2021 plaasvind.
    • Die gesprek met ʼn Dieetkundige mag telefonies plaasvind tydens die grendeltydperk ten einde voor te berei vir die fisiese onderhoud. Wanneer vlak 1 bereik word moet die vereiste besoek steeds plaasvind. Voornemende studente sal kans hê tot 15 Januarie 2022 om bewys van die besoek te lewer.
  • BPharm (Farmasie)
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte en/of gr.12 punte beskikbaar teen die sluitingsdatum.
    • Die beste kandidate volgens ‘n rangsisteem gebasseer op uitslae sal gekies word. Suksesvolle kandidate moet steeds in Januarie 2022 aan die minimum vereistes voldoen. Onsuksesvolle kandidate mag vra vir herevaluering wanneer die September eksamenuitslae beskikbaar gemaak word.
  • Biokinetika 
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar).
    • Die beste kandidate volgens ‘n rangsisteem gebasseer op uitslae sal gekies word.
  • Diploma in Afrigtingswetenskap
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar).
    • Die beste kandidate volgens ‘n rangsisteem gebasseer op uitslae sal gekies word.
  • BHSc (met Menslike Bewegingswetenskappe) 
    • Keuring bestaan uit gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar).
    • Die beste kandidate volgens ‘n rangsisteem gebasseer op uitslae sal gekies word.
  • Musiek [BA Musiek & Samelewing; Diploma in Musiek; BMus (Musiek)]
    • Keuring behels die suksesvolle voltooiing van twee oudisierondtes: Minimum vereistes en praktiese oudisie.
    • Die aanlyn aansoekvorm vir musiekstudie is beskikbaar by https://humanities.nwu.ac.za/music/applications. Aansoek vir toelating tot die universiteit het op 15 Julie 2022 gesluit en aansoek vir oudisies vir enige voorgraadse musiekprogramme het op 25 Julie 2022 gesluit.
    • Vir meer inligting, kontak asseblief Me. Jané Muller (jane.muller@nwu.ac.za / 018 299 1692)

LET WEL: Keuring beteken nie dat jy ʼn keuringstoets moet skryf nie. Daar is verskeie keuringsprosesse vir die verskillende rigtings. Lees asseblief noukeuring deur die inligting op hierdie blad om te bepaal of jy ʼn keuringstoets moet skryf.
 

Kursusse wat keuringstoetse vereis

Keuring word gedoen aan die hand van akademiese prestasie op Gr 11 of Gr 12 punte asook 'n psigometriese evaluasie. Die Psigometriese evaluasie sluit in persoonlikheid, aanleg en ander vraelyste soos benodig deur die spesifieke rigting. Sommige rigtings vereis ook vakspesifieke toetse soos Wiskunde of Chemie en Fisika. Wanneer afsprake gemaak word vir die toetse sal studente in kennis gestel word indien hulle 'n vak spesifieke toets ook moet skryf en wat om daarvoor te leer.

  • Teologie
    • Keuring bestaan uit die gr.11 punte (of gr.12 indien beskikbaar) en ‘n psigometriese evaluering.
    • Psigometriese evaluerings sal plaasvind op die NWU kampusse en sal individueel geskeduleer word soos en wanneer beweging tussen provinsies toegelaat word.

Kandidate wat vereis word om ʼn keuringstoets te skryf sal deur die Sentrale Aansoek en Toelatingskantoor ingelig word, en sal hiervoor kan bespreek deur die instruksies wat verskaf word, te volg.

Vir keuringsnavrae, stuur gerus ʼn epos na selections@nwu.ac.za of kontak ontvangs op 018 299 2893.
 

Ingenieurswese

Nadat jy aansoek gedoen het, sal jy `n brief ontvang wat jou in kennis stel of jy aan die kriteria voldoen vir ingenieurswese voldoen. Indien jy met jou graad 11-punte nie aan al die programvereistes voldoen nie, is dit steeds moontlik om vir toelating oorweeg te word deur die ingenieurstoets te skryf. Sodra jy die uitnodigingsbrief vir die Ingenieurstoets ontvang het (uitgereik deur CAAO/Toelatingskantoor) , kan jy die Fakulteit Ingenieurswese kontak vir `n afspraak. Lees meer oor die  keuringsproses vir Ingenieurswese.