Ontwerpte banier met studente wat ’n selfie neem en die datums van die NWU-opedae

Welkom by die Noordwes-Universiteit (NWU) – dit begin alles hier!

Die beste manier om die lewe aan Noordwes-Universiteit te verstaan, is om dit eerstehands te ervaar. So, kom ontdek ons kampusse. Of dit nou op die kampus is of deur ’n virtuele ervaring, jy het verskillende geleenthede om te sien wat NWU bied!

 

Kampusbesoeke

Beleef ons unieke kampuslewe, ontmoet inspirerende akademici en verken ons moderne fasiliteite. ’n NWU-kampusbesoek gee jou die kans om jou akademiese reis te ervaar – en die plek te vind waar jy hoort.

Voordat jy jou kampusbesoek bespreek, dink aan die volgende:

  • Watter fakulteit wil jy graag verken?
  • Wil jy ’n koshuis besoek?
  • Het jy ’n passie vir ’n spesifieke sport?

Maak gereed vir ’n onvergeetlike NWU-avontuur!

 

 

 

Om te verseker dat jy die beste moontlike ervaring het, bespreek asseblief jou besoek 48–72 uur vooruit.

 


NWU virtuele toer

Met die NWU se virtuele toer kan jy ons wonderlike kampusse vanuit die gemak van jou huis geniet.

Die virtuele toer bied ʼn kykie na hoe jou lewe as ʼn NWU Eagle kan wees. Jy kan twee kursusse, die kampus en die buitemuurse aktiwiteite kies. ʼn Toer word dan spesiaal net vir jou saamgestel.

Ontdek die Noordwes-Universiteit-ervaring met ons virtuele toer.

Neem nou jou #MyNWU-toer!


Opedae

Dankie dat jy deel was van NWU-opedae 2025!

Ons 2025 Opedae was ’n viering van moontlikhede, verbinding en die ware gees van studentelewe. Van inspirerende akademiese sessies tot onvergeetlike kampus-ervarings – dit was vir ons ’n voorreg om jou te ontmoet.

Het jy dit gemis? Herleef dit hier.

“My learners can’t stop talking about how beautiful and wonderful their experience was this past Saturday.” – @mpho_jm

“Thank you for the amazing experience!🔥” – neagunter07_

NWU said: “Go big or go home!” This is just perfect! 🔥🔥🔥❤️ – Oreokame

Dit begin alles hier.