Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan veranderinge en is slegs ’n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ’n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Fakulteitsjaarboek kan aangevra word by: studies@mynwu.info of 018 285 4320.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die hoë aanvraag van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad-12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

 


 

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.


Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2023 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.