NWU-alumna die verpersoonliking van jeugentrepreneurskap

Funeka Nyaqela, ’n alumna van die Noordwes-Universiteit (NWU) is besig om groot dinge op die gebied van logistiek en ingenieurswese te vermag.

Dié 35-jarige sakevrou is die stigter en direkteur van BravoPro 110, ’n hoogs mededingende sake-entiteit wat by opleiding, projek- en konstruksiebestuur, vervoerbeplanningsdienste, landskapsargitektuur en brandstofvoorsiening betrokke is.

Bravo Pro 110 verskaf dienste aan Noordwes se Departement van Gesondheid, Noordwes se Departement van Water en Sanitasie, die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, die Noordwes Hotelskool, die Mmabatho Palms Hotel en die nasionale Departement van Openbare Werke.

Funeka het in 2010 haar BCom-graad in Logistieke Bestuur aan die NWU se kampus in Mahikeng verwerf. Sy skryf haar huidige sukses in die bedryf toe aan harde werk en die geleenthede wat sy by die NWU gehad het.

“Die Departement Vervoerekonomie en Logistieke Bestuur by die NWU het my baie gehelp om te doen wat ek nou doen. Hulle het vir ons as studente netwerkingsessies met verskillende bedryfsleiers gereël,” sê sy.

Sy het haar loopbaan as intern by die Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur begin. Sy het daarna die korporatiewe leer by Aganang Consulting Engineers begin klim, voordat sy haar eie onderneming begin het.

Funeka sien haarself in die afsienbare toekoms as dat sy ’n brandstofdepot besit en BravoPro 110 se voetspoor regoor die Afrika-vasteland uitbrei.