Aandag voornemende #NWUEagles! Die reis om by die NWU-familie aan te sluit is 'n opwindende een, en ons is hier om jou elke stap van die pad te lei.
2025 Oriënteringsprogram vir eerstejaarstudente
Kampusprogramme
Die Noordwes-Universiteit sal die 2025-oriënteringsprogram vir eerstejaarstudente van 01 – 08 Februarie 2025 aanbied. Die volgende raamwerk verskaf meer inligting oor die aankoms van eerstejaarstudente, belangrike datums en die aanvang van akademiese klasse:
Beskrywing | Datum |
Begin van aanlyn registrasie vir eerstejaarstudente | 20 Januarie 2025 |
Intrekdatum vir eerstejaarstudente wat in NWU-koshuise geplaas is |
30 Januarie – 02 Februarie 2025 |
Registrasietydperk van studente wat deel vorm van daghuise |
31 Januarie 2025 (en vorentoe) |
Mini verwelkomingsdag vir NWU-koshuis- en daghuisstudente |
01 Februarie 2025 |
Oriënteringsprogram vir NWU-koshuise en daghuise begin | 01 Februarie 2025 |
Hooforiënteringsprogram begin | 03 Februarie 2025 |
Hooforiënteringsprogram eindig | 08 Februarie 2025 |
Aanvang van akademiese klasse | 10 Februarie 2025 |
Afstandsleerprogram
’n Tweedaagse aanlyn oriënteringsprogram sal op 07 en 08 Februarie 2025 (09:00-13:00) aangebied word aan studente wat in die afstandsleeromgewing geregistreer is. Kry die gedetailleerde program en skakel na die aanlyn sessie hieronder:
Registrasie-navigator
Teen dié tyd jy baie inligting verwerk. As jy oorweldig voel, maak asseblief gebruik van ons Registrasie-navigator. Hierdie handige hulpmiddel sal jou deur al die nuttige wenke, registrasiestappe en beskikbare hulpbronne met bykomende ekstras neem om jou deur hierdie reis te lei.
Kry die registrasie-navigator hier
Het jy ’n vraag oor registrasie?
Inligting met betrekking tot universiteitskoshuise en daghuise kan gevind word op die koshuise-webwerf.