Hendrik is 'n projekbestuurder by Rand Water
Aanvoorder, innoveerder, motiveerder en ondersoeker is die woorde wat dr Hendrik Ewerts, ʼn Noordwes-Universiteit-alumnus, gebruik om homself te beskryf.
Die 35 jaar oue baanbreker het tot dusver ʼn baie suksesvolle loopbaan.
Dr Hendrik werk tans as ʼn projekbestuurder vir navorsing en ontwikkeling aan die Rand Water Academy, die grootste waterraad in Afrika en in die Suidelike Halfrond.
“My dagtake is alles binne die konteks van projekbestuur. Ek pas die beginsels toe wat verband hou met die suksesvolle implementering van navorsingsprojekte,” sê dr Hendrik.
Hy is ook ʼn mederedakteur vir fikologie vir die African Journal of Aquatic Science (AJAS).
Die internasionaal erkende wetenskaplike outeur en redakteur het sy BSc in Plantkunde en Biochemie, HonsBSc in Natuurwetenskappe, MSc in Natuurwetenskappe, PhD in Omgewingswetenskappe en Nagraadse Diploma in Bestuur verwerf – alles aan die NWU.
Gedurende sy studentejare het dr Hendrik ʼn belangstelling in leierskapsaktiwiteite gehad. Hy was die Potchefstroomkampus-VSR (2008/2009) se Verenigingsraadvoorsitter en het ook gedien as voorsitter van die studentekultuurgroep DIVACO.
Hy glo dat die leierskapsrolle wat hy aan die NWU beklee het ʼn positiewe impak op sy loopbaan gehad het. “Ek moedig studente aan om aan te sluit by groepe soos DIVACO. Dit sal hulle nie net help om ʼn gebalanseerde studentelewe te geniet nie, maar hulle ook voorberei om ʼn betekenisvolle bydrae in Suid-Afrika en die wêreld te maak.”
In die volgende vyf jaar sien hy homself as die Programbestuurder in Navorsing en Ontwikkeling – Watersektorprofessorskap.