Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Fakulteitsjaarboek kan aangevra word by: studies@mynwu.info of 018 285 4320.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

 

Gesondheidswetenskappe

Besoek die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Graad

Rigting

Vakke / Vereistes

APS

Kampus

Moontlike Beroepsgeleenthede

Diploma in Afrigtingswetenskap

Afrigting

  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 2 jaar

18

Potchefstroom

Mahikeng

 

  • Afrigtingsinstrukteur
  • Sportorganiseerder en -administrateur

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

met Fisiologie en Biochemie

  • Wiskunde vlak 5
  • Fisiese Wetenskap vlak 4
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Lewenswetenskap-onderwyser
  • Navorsingslaboratoriums

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

met Fisiologie en Psigologie

  • Huistaal vlak 4
  • Wiskunde vlak 3
  • Fisiese Wetenskappe vlak 4
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

  • Lewenswetenskap-onderwyser
  • Sielkundige

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

met Sportafrigting en Menslike Bewegingswetenskappe

  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

Mahikeng

 

  • Fiksheidsinstrukteur
  • Sportorganiseerder

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

met Rekreasiekunde en Psigologie

  • Huistaal vlak 4
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26 Potchefstroom
  • Rekreasiekonsultant
  • Avontuurterapeut
  • Spanboudeskundige

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

  • met Rekreasiekunde en Toerismebestuur
  • met Sport- en Rekreasie Administrasie
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Rekreasiekonsultant
  • Avontuurinstrukteur
  • Avontuurterapeut
  • Spanboudeskundige
  • Rekreasiesentrum-bestuurder

Baccalaureus Artium in Gedragswetenskappe

 

met Psigologie en Arbeidsverhoudingebestuur

  • Huistaal vlak 4
  • Wiskunde vlak 3 of Wiskundige Geletterdheid vlak 5
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

 

  • Arbeidsverhoudingespesialis/-praktisyn
  • Navorser
  • Onderwyser
  • Dosent
  • Ontleder

Baccalaureus Artium

 

  • met Psigologie, Geografie en Omgewingsbestuur
  • met Psigologie en Toerismebestuur
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • Ten minste ’n vlak 4 vir eerste huistaal.
  • Wiskundige Geletterdheid vlak 5
  • Voornemende studente wat Wiskunde as vak het en aan die toelatingsvereistes voldoen sal outomaties in ag geneem word.
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

 

  • Atmosferiese wetenskaplike
  • Omgewingsbestuurder
  • Klimatoloog
  • Rampbestuurder
  • Toerismebemarker
  • Akkommodasie- bestuurder
  • Gebeurtenisbestuurder
  • Toerismenavorser
  • Wildsplaasbestuurder

Baccalaureus Verbruikerstudies

 

 

  • Ten minste een natuurwetenskaplike vak (soos Wiskunde OF Fisiese- OF Landbou- OF Lewenswetenskappe) op vlak 4 
  • ’n Gemiddelde persentasie hoër as 70% in Wiskundige Geletterdheid sal in aanmerking geneem word. 
  • Aansoeke sluit 30 Junie 
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese prestasie en ʼn keuringsgesprek deur lede van die keuringspaneel.
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Voedsel/Mode in Kleinhandel/Industrie
  • Projekbestuur
  • Verbruikerskonsultant
  • Kliëntediensbestuurder

Baccalaureus Verbruikerswetenskappe in Voedselprodukbestuur

 

 

 

 

met Voedselkommunikasie

  • Ten minste een natuurwetenskaplike vak (soos Wiskunde OF Fisiese- OF Landbou- OF Lewenswetenskappe) op vlak 4
  • ’n Gemiddelde persentasie hoër as 70% in Wiskundige Geletterdheid sal in aanmerking geneem word.
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese prestasie; ’n keuringsgesprek deur lede van die keuringspaneel.
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Kleinhandel / Industrie
  • Voedsel- en innoveringsbestuurder
  • Produk-/Geurontwikkelaar
  • Kwaliteitsbeheer/-bestuur
  • Voedseltegnoloog
  • Gasvryheidsbestuurder

Baccalaureus Verbruikerswetenskappe in Voedselprodukbestuur

 

met Voedselvoorsiening

  • Wiskunde vlak 4
  • Indien chemie as keusemodule in die program, Voedselvoorsiening, gekies word, word Wiskunde op vlak 4 en Fisiese Wetenskappe op vlak 4 vereis. 
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese prestasie; ’n keuringsgesprek deur lede van die keuringspaneel.
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Kleinhandel / Industrie
  • Voedsel- en innoveringsbestuurder
  • Produk-/Geurontwikkelaar
  • Kwaliteitsbeheer/-bestuur
  • Voedseltegnoloog
  • Gasvryheidsbestuurder

Baccalaureus Verbruikerswetenskappe in Modehandelbestuur

 

 

 

 

met Modekommunikasie

 

  • Ten minste een natuurwetenskaplike vak (soos Wiskunde OF Fisiese- OF Landbou- OF Lewenswetenskappe) op vlak 4
  • ’n Gemiddelde persentasie hoër as 70% in Wiskundige Geletterdheid sal in aanmerking geneem word.
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese prestasie; ʼn keuringsgesprek deur lede van die keuringspaneel.
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Verkoopsverteenwoordiger
  • Aankoper
  • Beplanner
  • Visuele Handelsware-aanbieder
  • Ruimtebeplanner
  • Kliëntadviseur of Stileerder Bestuurder

Baccalaureus Verbruikerswetenskappe in Modehandelbestuur

 

 

met Modevoorsiening

  • Wiskunde vlak 4
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese prestasie; ʼn keuringsgesprek deur lede van die keuringspaneel.
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

  • Verkoopsverteenwoordiger
  • Aankoper
  • Beplanner
  • Visuele Handelsware-aanbieder
  • Ruimtebeplanner
  • Kliëntadviseur of Stileerderbestuurder

Baccalaureus in Maatskaplike Werk

 
  • Taalvereiste: ‘n Slaagsyfer vlak 4 in die taal van leer en onderrig vir Huistaal- OF Eerste Addisionele Taal
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • KEURING: Akademiese papierkeuring en psigometriese toetse
  • DUUR: 4 jaar

28

Potchefstroom

Mahikeng

Vanderbijlpark

 

  • Maatskaplike werker
  • Maatskaplikewerk- administrateur,
  • Navorser
  • Beplanner
Baccalaureus in Sosiale Wetenskappe met Psigologie
  • Ten minste vlak 4 vir eerste huistaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26
Mahikeng
 
 
 

Baccalaureus Pharmaciae

met Farmasie
  • Wiskunde vlak 5
  • Fisiese Wetenskappe vlak 5
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

32

Potchefstroom

 

  • Gemeenskapsaptekerswese
  • Hospitaalaptekerswese (privaat en publiek)
  • Farmaseutiese Vervaardigingsbedryf
  • Groothandelaptekers
  • Gesondheidsorgbestuur
  • Medisynebeheerbeamptes
  • Hierdie poste bestaan onder andere by mediese fondse, plaaslike owerhede en diesentrale regering.

Baccalaureus Scientiae in Dieetkunde

 
  • Wiskunde vlak 5
  • Fisiese Wetenskappe vlak 5
  • Akademiese papierkeuring en onderhoud
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word. 
  • Deelname aan ’n “skadusessie” word vereis voordat onderhoud
    plaasvind.
  • DUUR: 4 jaar

30

Potchefstroom

 

Privaat sektor:

  • Voedselnywerheid
  • Voedseldiensbestuur

Konsultant of verteenwoordiger vir:

  • Farmaseutiese Firmas
  • Privaat Hospitale
  • Gimnasiums
  • Mynwese
  • Mediadienste
  • Kitskosfirmas
  • Voedselindustrie
  • Gesondheidsorg
  • Farmaseutiese Industrie
  • Privaat Hospitale
  • Privaat Praktyk

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe in Beroepshigiëne

 
  • Wiskunde vlak 5
  • Fisiese Wetenskappe vlak 5
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

27

Potchefstroom

 

  • Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
  • SASOL
  • Stadsrade
  • Mynboufirmas (Anglo American, BHP Billiton, Impala Platinum, ens)
  • ESKOM
  • Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid
  • Departement van Arbeid (DvA)
  • Beroepshigiënekonsultante en goedgekeurde inspeksieowerhede
  • Daar is ook groot internasionale aanvraag vir gekwalifiseerde beroepshigiëniste.

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe in Biokinetika

 
  • Wiskunde vlak 3 OF Wiskundige Geletterdheid vlak 4
  • Fisiese Wetenskappe OF Lewenswetenskappe op ten minste vlak 4
  • NEEM KENNIS: Studente moet voor die aanvang van die kursus in Biokinetika medies geskik wees vir die fiksheidskomponent van die kursus.
  • Aansoeke sluit 30 Junie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • Akademiese papierkeuring; beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

32

Potchefstroom

 

  • Biokinetikus

Baccalaureus in Verpleegkunde

 

Verpleegkunde

  • ’n Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitsvrystelling OF ’n gelykwaardige kwalifikasie
  • Fisiese Wetenskappe OF Wiskunde OF Lewenswetenskappe vlak 4
  • Engels OF Afrikaans ten minste vlak 4
  • KEURING: Keuringstoets moet afgelê word. Deelname aan “skadu-verplegingsprogram” word aanbeveel (40 ure) voordat keuring gefinaliseer kan word.
  • DUUR: 4 jaar

25

Mahikeng

Potchefstroom

 

 

 

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.


Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2024 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.