Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Fakulteitsjaarboek kan aangevra word by: studies@mynwu.info of 018 285 4320.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

 

Ingenieurswese

Besoek die Fakulteit Ingenieurswese

Graad

Rigting

Vakke / Vereistes

APS

Kampus

Moontlike Beroepsgeleenthede

Baccalaureus Ingenieuswese (BIng)

Chemiese Ingenieurswese
 
Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
 
Rekenaar en Elektroniese Ingenieurswese

Elektromeganiese Ingenieurswese
 
Meganiese Ingenieurswese
 
Bedryfsingenieurswese
 

Megatroniese Ingenieurswese

 
 
  • NSS met volle matrikulasievrystelling 
  • Wiskunde vlak 6 (70%+) 
  • Fisiese Wetenskappe vlak 6 (70%+) 
  • Engels of Afrikaans as Huistaal- OF Eerste Addisionele Taal vlak 5 (60%+) 
  • Addisionele toegangsroete: Studente
    met 65% in beide Wiskunde en Fisiese
    Wetenskappe en ’n APS van 31, kan ’n
    ingenieurstoets aflê en moontlik tot die
    program aanvaar word. 
  • Studente met 40%+ in beide Wiskunde en Fisiese Wetenskappe en minstens 60% vir die onderrigtaal, kan aansoek doen vir die 1-jaar-Xcel-oorbruggingsprogram: https://
    engineering.nwu.ac.za/af/ingenieurswese/
    xcel-program
  • DUUR: 4 jaar

34

Potchefstroom

 

Chemiese Ingenieurswese en Chemiese Ingenieurswese met Mineraalprosessering

Chemiese ingenieurs is betrokke by navorsing, ontwerp, ontwikkeling en bestuur van industriële prosesse waar rou materiale omskep word in produkte met ’n hoër ekonomiese waarde. Bv. mielies na graanvlokkies, hop na bier, steenkool na petrol en alge na elektrisiteit Die chemiese bedryf is een van die belangrikste bydraers tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Chemiese ingenieurswese is een van die tien skaarsste vaardighede in Suid-Afrika.

Elektriese en elektroniese ingenieurs bemagtig die moderne wêreld deur elektriese energie van die bron tot by die toepassing te neem. Dit word so doeltreffend moontlik gedoen deur die toepassing van kennis oor kragstelsels, kragomskakeling, kragkondisionering en elektriese masjiene. NWU Elektries en elektroniese ingenieurs word deur toonaangewende kundiges in kragkwaliteit, kragelektronika en elektriese masjiene opgelei, en dit gee die deurslag in die bedryf. Ons ingenieurs floreer by kragnutsdienste en elektriese konsultasiefirmas en is gemaklik met die uitdagings van hernubare energiebronne as deel van die energieoplossing van die toekoms. Elektriese en elektroniese ingenieurswese is Suid-Afrika se nommer een skaars vaardigheid.

Opsies vir elektriese, elektroniese of rekenaaringenieurs in Suid-Afrika en oorsee is:

  • Telekommunikasie
  • Energie en elektriese krag
  • Halfgeleiers
  • Ruimtevaart
  • Bio-ingenieurswese
  • Vervaardiging
  • Onderwys en navorsing
  • Vervoer
  • Voertuie

Elektroniese en rekenaaringenieurs maak die wêreld ’n meer doeltreffende plek deur mense en die wêreld waarin ons leef met die digitale wêreld van rekenaarstelsels en die internet te verbind. Hulle doen dit deur elektronika, ingeboude rekenaars en hul programmeringsvaardighede in te span om megatroniese stelsels te beheer en die internet te bou. Elektroniese en rekenaaringenieurswese is Suid-Afrika se nommer een skaars vaardigheid.

As elektroniese en rekenaaringenieur is daar vir jou baie goeie loopbaanvooruitsigte in Suid-Afrika en oorsee. Industrieë sluit in:

  • Telekommunikasie
  • Energie en elektriese krag
  • Halfgeleiers
  • Ruimtevaart
  • Bio-ingenieurswese
  • Vervaardiging
  • Onderwys en navorsing
  • Vervoer
  • Voertuie

Elektromeganiese ingenieurs verseker die veilige en doeltreffende werking van aanlegte en fabrieke deur elemente van elektriese en meganiese ingenieurswese te kombineer. Hulle kennis van elektriese masjiene, kragelektronika, materiaalsterkte en verhitting, ventilasie en lugversorgingstelsels, en die regsaspekte van beroepsgesondheid en -veiligheid beteken dat hulle van onskatbare waarde in die industrie is. Elektromeganiese ingenieurswese is een van die toptien skaars vaardighede in Suid-Afrika.

Enige myn of vervaardiger in Suid-Afrika en oorsee sal baat by jou vaardighede.

Meganiese ingenieurs is betrokke by die ontwikkeling, vervaardiging, bestuur en instandhouding van vervoer, omskakeling van energie, opwekkers, wapen-, verkoeling- en verhittingstelsels, bedryfsinstallasies, prosestoerusting, vervaardigingsmasjinerie en mynboutoerusting. Kerningenieurs (nagraadse studie) ontwerp stelsels wat kernprosesse vir energie aanwend. Meganiese en kerningenieurswese is onder die drie skaarsste vaardighede in Suid-Afrika.

As meganiese ingenieur sal jy in Suid-Afrika of oorsee die volgende industrieë kan betree:

  • Vervaardiging
  • Aerodinamika
  • Energietegnologie
  • Kragopwekking
  • Stelselinstandhouding
  • Robotika
  • Aanleguitleg en -bestuur
  • Voedselverwerkingsaanlegte

Industriële ingenieurs stel mense, tegnologie, inligting, materiale, metodes en geld in staat om produktief en doeltreffend saam te werk. Industriële ingenieurswese het meer as 100 jaar gelede uit die industriële revolusie ontstaan toe industrieë begin soek het na die beste, goedkoopste en vinnigste manier om produkte te vervaardig. Vandag is dit egter onontbeerlik om industriële ingenieurs in diens te neem as gevolg van tegnologiese vooruitgang en die huidige markaanvraag. Industriële ingenieurswese is onder die toptien skaars vaardighede in Suid-Afrika.

As industriële ingenieur sal jy in Suid-Afrika of oorsee die volgende werkplekke kan betree:

  • Vervaardiging, mynbou en energie
  • Kos en drank
  • IT en telekommunikasie
  • Logistiek en aanbodketting
  • Ruimtevaart en lugvaart
  • Gesondheidsorg
  • Bankwese en finansies
  • Landbou
  • Konsultasiewerk

Megatroniese Ingenieurs ontwikkel en ondersteun die gevorderde industriële outomatiseringstelsels van die toekoms wat gebruik maak van die internet van dinge. Hulle doen dit deur kennis te kombineer van elektronika, meting en aandrywing, ingebedde stelsels en beheerteorie om meganiese strukture en meganismes te beheer. Hul kennis van rekenaarprogrammering en data-analise stel hulle in staat om intelligente en doeltreffende megatroniese stelsels te ontwikkel.

Megatroniese Ingenieurs sal in diens geneem word in die:

  • Proseskontrole-
  • Outomobiel-
  • Vervaardigings-
  • Mediese toestelontwikkelings- en
  • Landbouverwerkingsomgewings

Die Noordwes-Universiteit bied praktiese ervaring in kampuslaboratoriums vir elektronika en industriële outomatisering.

 

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.


Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2024 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.