Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Fakulteitsjaarboek kan aangevra word by: studies@mynwu.info of 018 285 4320.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

 

Opvoedkunde

Besoek die Fakulteit Opvoedkunde

Graad

Rigting

Vakke / Vereistes

APS

Kampus

Baccalaureus Educationis (BEd) in Grondslagfase Graad R – 3

 

  • Huistaal en Eerste Addisionele Taal vlak 4. Om vir Engels as Huistaal (HT) te registreer, word Engels as Eerste Addisionele Taal (EAL) op vlak 5 vereis.
  • MK: Engels/Setswana as HT en Engels/Setswana as EAT;
  • PK: Afrikaans/Engels/Sesotho/Setswana as HT en Afrikaans/Engels/Setswana as EAT;
  • VK: Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as HT en Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as EAT;
  • Afstand: Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sepedi/Sesotho/Setswana as HT en Afrikaans/Engels/Setswana as EAT.
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

Baccalaureus Educationis (BEd) in Intermediêrefase Graad 4 – 6

met Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

 

  • Huistaal en Eerste Addisionele Taal vlak 4. Om vir Engels as Huistaal (HT) te registreer, word Engels as Eerste Addisionele Taal (EAL) op vlak 5 vereis.
  • PK: Afrikaans/Sesotho/Setswana as HT en Engels as EAT;
  • VK: Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as HT en Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as EAT;
  • Vak-spesifieke vereistes: Wiskunde vlak 3 OF Tegniese Wiskunde vlak 4.
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

 

 

met Lewensvaardighede en Sosiale Wetenskappe

 

  • Huistaal en Eerste Addisionele Taal vlak 4. Om vir Engels as Huistaal (HT) te registreer, word Engels as Eerste Addisionele Taal (EAL) op vlak 5 vereis.
  • PK: Afrikaans/Sesotho/Setswana as HT en Engels as EAT;
  • VK: Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as HT en Afrikaans/Engels/IsiZulu/Sesotho as EAT;
  • Afstand: Afrikaans/IsiZulu/Sepedi/Sesotho/Setswana as HT en Engels as EAT.
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

Baccalaureus Educationis (BEd) in Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase Graad 7 – 12

  • met Ekonomie
  • met Geskiedenis
  • met Besigheidstudies
 
  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Geografie

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar
26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

met Engels

 

  • Vak-spesifieke vereistes: Engels Huistaal vlak 4 (OF Engels Eerste Addisionele Taal vlak 5) EN Huistaal/Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Fisiese Wetenskappe

 

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Fisiese Wetenskappe vlak 4; Wiskunde vlak 4 OF Tegniese Wiskunde vlak 5
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

met Rekeningkunde

 

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Rekeningkunde vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Wiskunde

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Wiskunde vlak 5
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Afrikaans

 

  • Vak-spesifieke vereistes: Afrikaans Huistaal vlak 5 EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Lewenswetenskappe

 

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Lewenswetenskappe vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark

 

met Lewensoriëntering

 

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Lewensoriëntering vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Rekenaartoepassingstegnologie

 

 

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

 

met Ingenieursgrafika en -ontwerp
  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar
26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

met Sesotho

  • Vak-spesifieke vereistes: Sesotho Huistaal vlak 4 EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

*Afstand

  • met Meganiese Tegnologie
  • met Siviele Tegnologie
  • met Elektriese Tegnologie
  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Wiskunde of Tegniese Wiskunde slaagsyfer van minstens 50% in die graad-12-eksamen en/of vlak 3 (40-49%) slaagsyfer in graad 12 in Fisiese/Tegniese Wetenskappe, en enige Tegnologie-vak is ’n aanbeveling vir inskrywing vir hierdie programme.
    Studente wat nie aan die minimum vereistes voldoen nie: wat Wiskunde in graad 12 met minstens 40% geslaag het OF wat Wiskundige Geletterdheid in graad 12 met minstens 60% geslaag het met ’n slaagsyfer van minstens 40% vir enige Tegnologie-vakke in graad 12 OF wat Tegniese Wiskunde met minstens 40% in graad 12 geslaag het, mag tot hierdie programme toegelaat word op voorwaarde dat hy/sy die oorbruggingsmodules MTEC 111 en MTEC 121 gedurende die eerste twee studiejare slaag.
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

met Setswana

  • Vak-spesifieke vereistes: Setswana Huistaal vlak 4 EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Mahikeng

Potchefstroom

*Afstand

  • met Inligtingstegnologie
  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Potchefstroom

  • met Kuns
  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • DUUR: 4 jaar
26

Potchefstroom

*Afstand

met Wiskundige Geletterdheid

  • Huistaal EN Eerste Addisionele Taal vlak 4
  • Vak-spesifieke vereistes: Wiskunde vlak 3 OF Wiskundige Geletterdheid vlak 5 OF Tegniese Wiskunde vlak 4
  • DUUR: 4 jaar

26

Vanderbijlpark

*Vir afstandsonderrigaanbieding besoek distance.nwu.ac.za

 

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.


Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2024 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.