Belangrik: Weens die implementering van die nasionale COVID-19 inperkingstydperk deur die President op 26 Maart 2020, funksioneer die personeel van die NWU Aansoek- en Toelatingskantoor en ander NWU departemente vanaf hul privaat wonings. Dit kan 'n verlengde tydperk van terugvoer op u nuwe aansoek meebring as gevolg van tegniese en logistieke beperkings. Ons skenk egter aandag aan u aansoek en/of navrae so spoedig moontlik.
Voorgraads
- Akademiese jaarboeke
- Studierigtings
- Keuringsinligting
-
Doen hier aansoek:
- Hoe om aansoek te doen
- Doen aansoek (Vertoon die beste in Mozilla Firefox)
-
Sluitingsdatums:
- Nie-Keuringskursusse: 30 September 2021
- Musiek: 31 Julie 2021 (Jy moet ook voor die sluitingsdatum vir 'n oudisie aansoek doen)
- Grafiese ontwerp: 31 Augustus 2021
- Beroepshigiëne: 30 September 2021
- Ingenieurswese: 30 September 2021
- Stads- en Streeksbeplanning: 30 September 2021
- Farmasie: 31 Julie 2021
- Alle ander keuringskursusse: 30 Junie 2021
-
Voorgraadse navrae
- 018 285 4320
- applicationsug@nwu.ac.za
- Verduideliking van aansoekstatusse
Honneurs/Nagraadse Diplomas
- Wat om te studeer
- Doen hier aansoek
- Sluitingsdatums verskil van program tot program en kan met onderskeie fakulteite bevestig word. Vind die Fakulteite hier.
-
Vir meer inligting
-
E-pos: applicationsug@nwu.ac.za
Nagraads
Oop Afstandsleer
Verandering van aansoekbesonderhede
- Voornemende aansoekers wat reeds hulle aansoeke ingedien het en hulle persoonlike inligting wil wysig of van kampus of kwalifikasie wil verander kan die versoek rig aan applicationsug@nwu.ac.za. Maak asseblief seker dat jou studentenommer en kontakbesonderhede in die e-pos aangedui word.
HOKSR-belyning
Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.
Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2019 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.