Gevorderde Grade

Veel gevraagde vrae: Meesters- en Doktorsgrade

Toelating en Registrasie

1. Wat is die verskil tussen aansoek en registrasie?

ʼn Aansoek gaan registrasie vooraf. As ʼn student tot ʼn program toegelaat word, kan die student voortgaan met registrasie vir die betrokke akademiese jaar. Om aansoek te doen vir ʼn spesifieke kwalifikasie is ʼn eenmalige proses, terwyl registrasie ʼn jaarlikse proses is vir so lank as wat dit neem om die kwalifikasie te voltooi.

2. Watter programme word deur die NWU aangebied?

Die NWU bied ten volle geakkrediteerde M- en D-programme aan – in agt fakulteite. Gedetailleerde inligting kan gevind word in die verskillende fakulteitsjaarboeke wat hier beskikbaar is: https://studies.nwu.ac.za/studies/yearbooks

3. Waar kan ek die NWU se toelatingsvereistes vind?

Die toelatingsvereistes vir voornemende studente kan gevind word in die onderskeie fakulteitsjaarboeke wat hier beskikbaar is: https://studies.nwu.ac.za/studies/yearbooks

4. Hoe doen ek aansoek?

Doen aanlyn aansoek by https://studies.nwu.ac.za/postgraduate-studies/higher-degree-admissions. U kan ook die pdf invulbare aansoekvorm aflaai deur dieselfde skakel te gebruik.

5. Wat kos dit om aansoek te doen? 

Internasionale studente betaal aansoekgeld van R600. Suid-Afrikaanse burgers is vrygestel van aansoekgeld.

6. Waar kan ek ʼn totale kosteberaming kry?

U kan ʼn kwotasie aanvra deur gebruik te maak van die Studiegeldkosteberaming-toepassing op die studenteselfbedieningsportaal wat hier beskikbaar is: http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students. U kan ook ʼn kwotasie aanvra by MC-studyfees@nwu.ac.za / PC-studyfees@nwu.ac.za / vaalaccounts@nwu.ac.za

7. Vir hoeveel studiekeuses mag ek aansoek doen?

Studente wat aansoek doen vir M- en D-studies moet verkieslik nie meer as twee studiekeuses aandui nie.

8. Het die NWU slegs een jaarlikse akademiese inname vir M- en D-studente?

Die akademiese jaar begin in Januarie van elke jaar en eindig in Desember van dieselfde jaar met één jaarlikse inname van gevorderdegraadstudente. Daar is nie ʼn inname in die tweede semester nie.

9. Waar en hoe kan ek my aansoek indien?

U kan u aansoek indien via die aanlyn-aansoekproses indien, of deur die pdf invulbare aansoekvorm aan u fakulteitsadviseur te e-pos. Kontakbesonderhede hier beskikbaar https://studies.nwu.ac.za/postgraduate-studies/contact-us U kan ook die pdf invulbare vorm indien by MC-HigherDegrees@nwu.ac.za (Mafikengkampus), HigherDegree-Enquiries@nwu.ac.za (Potchefstroomkampus), VTC-HigherDegrees@nwu.ac.za (Vanderbijlparkkampus).

10. Wat van ʼn studieleier/promotor?

ʼn Studieleier/promotor is ʼn akademiese personeellid wat studieleiding en hulp aan studente verleen om hul navorsing te doen en hul resultate aan te bied. Die aanwys van studieleiers/promotors is ʼn fakulteitspesifieke proses en die betrokke fakulteit sal kontak maak met die student rakende die aanstelling van studieleiers/promotors.

11. Hoe lank duur die aansoekproses?

Laat asseblief 4-6 weke toe voordat u navraag doen oor die status van u aansoek. U fakulteitsadviseur in die Kantoor vir Gevorderdegrade-administrasie sal die resultaat van u aansoek via e-pos aan u kommunikeer.

12. Waar kan ek die sluitingsdatums vir aansoeke vind?

M-studies: Die sluitingsdatum vir die meeste nagraadse programme is 30 Oktober. Let daarop dat sommige programme verskillende sluitingsdatums het – raadpleeg die betrokke fakulteit oor programspesifieke sluitingsdatums.

PhD-studies: Daar is geen sluitingsdatum vir PhD-aansoeke nie. Dit is raadsaam om ʼn promotor te kontak voordat u aansoek doen om aan die NWU te studeer.

13. Hoe bevestig ek my aansoekstatus?

Besoek die Student 360-toepassing (akademiese inligting) op die studenteselfbedieningsportaal wat hier beskikbaar is: http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

 

14. Ek het toelating gekry vir volgende jaar, maar my planne het verander. Hoe stel ek my toelating na die volgende jaar toe uit?

Lig asseblief u kontakpersoon in die Gevorderdegrade-kantoor in dat u u aansoek wil uitstel tot die volgende jaar. Neem kennis dat die aansoek om toelating die volgende jaar weer geëvalueer sal moet word en dat toelating tot die program nie gewaarborg is nie. Dit kan slegs een keer gedoen word. As u ʼn tweede keer wil uitstel, verval die aansoek en moet u weer van voor af aansoek doen om toelating. Kontakbesonderhede is hier beskikbaar: https://studies.nwu.ac.za/postgraduate-studies/contact-us

15. In my toelatingsbrief word verklaar dat ek voorwaardelik/voorlopig aanvaar is, wat beteken dit?

Dit beteken dat u toelating eers finaal sal wees sodra u aan die finale vereistes/voorwaardes in u brief van voorwaardelike toelating voldoen het.

16. Indien u ʼn studentenommer ontvang het, beteken dit dat ek toelating gekry het tot die NWU?

Ontvangs van ʼn studentenommer impliseer nie dat u toelating gekry het nie. U aansoek moet steeds deur die betrokke fakulteit geëvalueer word.

17. Wie akkrediteer die Noordwes-Universiteite se grade en watter instansie ken die graad toe?

Geen hoëronderwysinstansie in Suid-Afrika mag ʼn graadprogram aanbied as dit nie deur die Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK) geakkrediteer is nie. Dit is om studente teen programme van ʼn swak gehalte te beskerm. Wees gerus dat alle grade wat deur die NWU toegeken word, volledig geakkrediteer is deur die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die HOKK. Dit beteken dat die NWU self die graad toeken.

18. Ek wil aansoek doen vir nagraadse studies aan die Noordwes-Universiteit. Moet ek my bestaande kwalifikasies by die Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid bekragtig voordat ek aan die NWU kan studeer?

As die instelling wat u vorige kwalifikasie(s) toegeken het, geakkrediteer is, hoef u nie u kwalifikasies by SAKO te bekragtig nie. Maar as u onseker is oor die status, erkenning of akkreditering van u kwalifikasie, behou ons die reg voor om u na SAKO te verwys voordat ons u aansoek verder oorweeg.

19. Wanneer registreer ek? 

In die jaar waarvoor u aansoek gedoen het om te studeer, en eers nadat u aansoek goedgekeur is. Omvattende inligting oor die registrasieproses sal mettertyd op die NWU se webwerf beskikbaar gestel word www.nwu.ac.za

20. Hoe registreer ek?

Registreer aanlyn by https://studies.nwu.ac.za/studies/registration. Kontak u fakulteitsadviseur in die Kantoor vir Gevorderdegrade-administrasie indien u nie suksesvol is met die aanlyn registrasie nie. Kontakbesonderhede hier beskikbaar: https://studies.nwu.ac.za/postgraduate-studies/contact-us. ʼn Registrasievorm sal aan u ge-e-pos word, wat onderteken en teruggestuur moet word. Neem kennis dat die eerste minimum betaling (https://services.nwu.ac.za/student-accounts-and-bursaries/payable-fees) voor registrasie betaalbaar is – selfs in geval van aanlyn registrasie. Internasionale studente moet hul volle studenterekening voor registrasie vereffen.

21. Moet ek elke jaar registreer?

Ingevolge Algemene Akademiese Reël 2.3.1.1 moet alle studente jaarliks registreer.

22. Waar kan ek ʼn registrasievorm aanvra as ek nie van die aanlyn registrasieproses gebruik maak nie?

Kontak u fakulteitsadviseur in die Kantoor vir Gevorderdegrade-administrasie. Kontakbesonderhede hier beskikbaar: https://studies.nwu.ac.za/postgraduate-studies/contact-us

23. Wat is die minimum betaling vir registrasie?

Die eerste minimum betaling (https://services.nwu.ac.za/student-accounts-and-bursaries/payable-fees) is betaalbaar voor registrasie – selfs in die geval van aanlyn registrasie. Internasionale studente moet hul volle studenterekening voor registrasie vereffen. Die vereiste bedrag styg jaarliks.

24. Hoe bevestig ek my registrasiestatus?

Deur die Student 360-toepassing te besoek op die studenteselfbedieningsportaal wat hier beskikbaar is: http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

25. Waar kan ek my bewys van registrasie kry?

Sodra u geregistreer is, sal die Bewys van Registrasie aan u ge-e-pos word. U kan u bewys van registrasie aftrek vanaf die Student 360-toepassing op die studenteselfbedieningsportaal http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

26. Ek wil my adresbesonderhede bywerk

U kan die Adresbesonderhede-toepassing gebruik op die studenteselfbedieningsportaal: http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

27.  Ek wil my kontakbesonderhede bywerk

U kan die Kontakbesonderhede-toepassing gebruik op die studenteselfbedieningsportaal wat hier beskikbaar is http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

28.  Ek wil my persoonlike besonderhede bywerk

U kan die Persoonlike Besonderhede-toepassing gebruik op die studenteselfbedieningsportaal wat hier beskikbaar is http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students

29.  Ek het ʼn beurs. Hoe registreer ek?

In die geval van NWU-beurse sal die beurskantoor ʼn brief aan u voorsien dat die beurs toegeken is, en kan u voortgaan met registrasie. In die geval van eksterne beurse moet ʼn brief van u beursgewer by die Finansiesdepartement ingedien word sodat u klaring kan kry vir registrasie.

30.  Waar kan ek ʼn akademiese rekord/transkripsie aanvra?

U kan u akademiese rekord op die studenteselfbedieningsportaal aanvra (Formele Studentedokumentasie): http://diyservices.nwu.ac.za/apps/postgraduate-students of stuur ʼn versoek na MC-HigherDegrees@nwu.ac.za (Mafikengkampus), HigherDegree-Enquiries@nwu.ac.za (Potchefstroomkampus), VTC-HigherDegrees@nwu.ac.za (Vanderbijlparkkampus).

31.  Waar kan ek ʼn bevestigingsbrief van verworwe kwalifikasie aanvra indien ʼn akademiese rekord nie genoegsaam is nie?

Kontak die Gevorderdegrade-administrasie-hulplyn: Tel: +27 (0) 18 299 4044/+27 (0)18 285 2618 of e-pos HigherDegree-Enquiries@nwu.ac.za

 

32. Bied die NWU finansiële bystand aan?

Ja, inligting hier beskikbaar https://studies.nwu.ac.za/financial-support-services/nwu-postgraduate-bursary-scheme