Ek weet nog nie wat ek wil doen vir ’n loopbaan nie – Belangstellingsbepaler (Interest-Index).

Die Interest-Index is ʼn gratis Suid-Afrikaanse loopbaanbelangstellingsopname, ontwikkel deur die Noordwes-Universiteit, wat leerders help om loopbane en studierigtings te identifiseer wat by hul spesifieke belangstellings pas.

Besoek die link en voltooi die gratis loopbaanbelangstellingsopname op die Interest-Index.

Wat beteken universiteitsvrystelling?

Universiteitsvrystelling verwys na die minimum toelatingsvereistes vir graadstudies is ʼn NSS wat neerkom op minstens 50% in enige vier NSS 20 krediet-vakke.

Watter vakke moet ek volgende jaar neem vir die werk wat ek een dag wil doen?

Hier is ʼn paar wenke om te help met vakkeuses:

  • Watter vakke word by jou skool aangebied?
  • In watter vakke stel jy die meeste belang?
  • In watter vakke behaal jy goeie punte?
  • Wat geniet jy om te doen? / Waaroor is jy passievol?
  • Strook jou vakkeuses met jou belangstellings en vermoëns?

Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid. Watter een moet ek kies?

Kom ons wees eerlik — die keuse tussen Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid is nie so maklik soos een, twee, drie nie. Almal het nie dieselfde vermoëns t.o.v. hierdie vakke nie. Wiskunde is ʼn verpligte vak vir sommige studierigtings; as jy nie Wiskunde geneem het nie, kan jy dus nie vir hierdie programme aansoek doen nie. Daar is baie studierigtings beskikbaar vir leerders wat Wiskundige Geletterdheid neem.

Let op waar Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid vereis word wanneer jy navorsing doen en/of die fakulteitsvereistes raadpleeg oor vereiste vakke.

Wiskundige Geletterdheid fokus op “wiskunde” in werklike/praktiese situasies soos die opstel van ʼn begroting, finansiële berekenings, berekening van oppervlaktes, volumes, ens. Terwyl Wiskunde fokus op probleemoplossing en ideevorming.

Wat kan ek studeer met Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskap?

Jy kan ʼn graad doen in Tegniese Onderwys en in sekere geesteswetenskaplike kwalifikasies. Verdere inligting kan verkry word van die fakulteit.

Kan ek IT doen met Wiskundige Geletterdheid?

Nee. Die minimum vereistes vir IT is Wiskunde op vlak 4.

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir meer inlingting, besoek ons webtuiste wat geskep is om jou met hierdie moeilike besluite te help.