Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Laai die jongste jaarboek af: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/jaarboeke

Neem asseblief kennis dat die Universiteit  – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings  – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

Gesondheidswetenskappe

Besoek die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Graad

Rigting

Vakke / Vereistes

APS

Kampus

Moontlike Beroepsgeleenthede

Diploma in Afrigtingswetenskap

Sportafrigting

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 2 jaar

18

Potchefstroom

Mahikeng

 

 

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

Sportafrigting en Menslike Bewegingskunde

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

Rekreasiekunde en Sielkunde

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

 

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

Rekreasiekunde en Toerismebestuur

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

 

 

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

 

Sport- en Rekreasieadministrasie

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe

Biokinetika

  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) OF Wiskundige Geletterdheid Vlak 4 (50-59%) EN Fisiese Wetenskappe OF Lewenswetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Studente moet medies geskik wees vir die fisiese komponent van die kursus voordat hulle met studies in Biokinetika begin
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
32 Potchefstroom  

Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe

Fisiologie en Biochemie

  • Wiskunde Vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26

Potchefstroom

 

Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe

Fisiologie en Sielkunde

  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26

Potchefstroom

 

Baccalaureus Artium in Gedragswetenskappe

 

 

Psigologie en Arbeidsverhoudinge-
bestuur

 
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%).
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

Vanderbijlpark

 

  • Arbeidsverhoudinge- spesialis/-praktisyn
  • Navorser
  • Onderwyser
  • Dosent
  • Ontleder

Baccalaureus Artium

Psigologie en Geografie en Omgewingsbestuur

  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%).
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus Artium

Psigologie en Toerismebestuur

  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%).
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26 Potchefstroom  

Baccalaureus  in Verbruikerswetenskappe

 

Verbruikerstudies

  • Minstens een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese Natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 6 (70%-79%) in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
 

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus in Verbruikerswetenskappe in Voedselprodukbestuur

(MET)

Voedselvoorraad

 

 

 

 

Voedselprodukbestuur met voedselverskaffing

  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis
  • Indien Chemie as keusevak in die program gekies word, is Fisiese Wetenskappe op vlak 4 (50-59%) ʼn vereiste
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus in Verbruikerswetenskappe in Voedselprodukbestuur

 (MET)

Voedselkommunikasie

 

Voedselprodukbestuur met voedselkommunikasie

  • Minstens een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese Natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 6 (70%-79%) in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus in Verbruikerswetenskappe in Modekleinhandelbestuur

(MET)

Modeverskaffing

 

 

Modekleinhandelbestuur met modeverskaffing

 

  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus in Verbruikerswetenskappe in Modekleinhandelbestuur

 (MET)

Modekommunikasie

 

 

Modekleinhandelbestuur met modekommunikasie

  • Minstens een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese Natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 6 (70%-79%) in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

24

Potchefstroom

 

 

Skool vir Maatskaplike Werk

Maatskaplike Werk

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Beste gemiddelde punt
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 4 jaar

28

Potchefstroom

Mahikeng

Vanderbijlpark

 

 
Baccalaureus in Sosiale Wetenskappe

Sielkunde

  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26
 
 
 
 

Baccalaureus in Farmasie

Farmasie
  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit
  • Weens hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit sal die volgende keuringsproses gevolg word:
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

32

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus Scientiae in Dieetkunde

Dieetkunde

  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

30

Potchefstroom

 

  • Privaat sektor
  • Voedselnywerheid
  • Voedseldiensbestuur
  • Konsultant of verteenwoordiger vir:
  • Farmaseutiese firmas
  • Privaat hospitale
  • Gimnasiums
  • Mynwese
  • Mediadienste
  • Kitskosfirmas
  • Voedselindustrie
  • Gesondheidsorg
  • Farmaseutiese industrie
  • Privaat praktyk

Baccalaureus Gesondheidswetenskappe in Beroepshigiëne

Beroepshigiëne

  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 30 September
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar

27

Potchefstroom

 

  • Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR)
  • SASOL
  • Stadsrade
  • Mynboufirmas (Anglo American, BHP Billiton, Impala Platinum, ens)
  • ESKOM
  • Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid
  • Departement van Arbeid (DvA)
  • Beroepshigiënekonsultante en goedgekeurde inspeksieowerhede
Daar is ook groot internasionale aanvraag vir gekwalifiseerde beroepshigiëniste.

BA Gedragswetenskappe

MET

Psigologie en Arbeidsverhoudingebestuur

  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%).
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar

26

Potchefstroom

 

 

Baccalaureus in Verpleegkunde

Verpleegkunde

  • Fisiese Wetenskappe OF Wiskunde OF Lewenswetenskappe op vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Aansoeke sluit 31 Julie
  • Weens hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit sal die volgende keuringsproses gevolg word
  • Deelname aan die skaduwerkprogram (40 uur) word aanbeveel
  • DUUR: 4 jaar

25

Mahikeng

Potchefstroom

Vanderbijlpark (nie vir 2025)

 

  • Verpleegster

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame [die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO)], ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.

 

Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2025 akademiese jaar.

Suksesvolle kandidate word aangemoedig om met die relevante fakulteit te kontak om seker te maak dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.