Gesondheidswetenskappe 2027

Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word.

Laai die jongste jaarboek af!

Neem asseblief kennis dat die Universiteit  – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings  – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

Gesondheidswetenskappe

Besoek die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

GraadRigtingVakke / VereistesAPSKampus
SKOOL VIR MENSLIKE BEWEGINGSKUNDE
Diploma in AfrigtingswetenskapSportafrigting
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 2 jaar
18Mahikeng Potchefstroom
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappemet Sportafrigting en Menslike Bewegingskunde
  • Lewenswetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26Mahikeng Potchefstroom
met Rekreasiekunde en Toerismebestuur
met Sport- en Rekreasieadministrasie
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
24Potchefstroom
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappe in BiokinetikaBiokinetika
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) OF Wiskundige Geletterdheid Vlak 4 (50-59%) EN Fisiese Wetenskappe OF Lewenswetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Studente moet medies geskik wees vir die fisiese komponent van die kursus voordat hulle met studies in Biokinetika begin
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • Cambridge-leerders: Chemie en Fisika word vereis op vlak 4 (50-59%)
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 31 Julie
32Potchefstroom
SKOOL VIR FARMASIE
Baccalaureus in FarmasieFarmasie
  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit.
  • As gevolg van hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit, sal die volgende keuringsproses gevolg word:
    • Akademiese papierkeuring
    • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 31 Julie
32Potchefstroom
SKOOL VIR TOEGEPASTE GESONDHEIDSWETENSKAPPE VAKGROEP: FISIOLOGIE
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappeFisiologie en Biochemie
  • Wiskunde Vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26Potchefstroom
Fisiologie en Sielkunde
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26Potchefstroom
VAKGROEP: VERBRUIKERSWETENSKAPPE
Baccalaureus in Verbruikerswetenskappein Voedselprodukbestuur
  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis OF ’n gemiddelde punt bo 70% in Wiskundige Geletterdheid
  • Indien Chemie as ’n keusevak in die program gekies word, word Fisiese Wetenskappe en Wiskunde op vlak 4 (50–59%) vereis.
  • Ten minste een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (Aangewese natuurwetenskapvakke: Fisiese Wetenskappe, Landbouwetenskappe of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 30 Junie
24Potchefstroom
in Modekleinhandelbestuur
  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis OF ’n gemiddelde punt bo 70% in Wiskundige Geletterdheid
  • Ten minste een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese natuurwetenskapvakke: Fisiese Wetenskappe, Landbouwetenskappe of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
24Potchefstroom
VAKGROEP: DIEETKUNDE
Baccalaureus Scientiae in DieetkundeDieetkunde
  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 31 Augustus
30Potchefstroom
VAKGROEP: BEROEPSHIGIËNE
Baccalaureus in Gesondheidswetenskappe in BeroepshigiëneBeroepshigiëne
  • Wiskunde Vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 31 Augustus
27Potchefstroom
SKOOL VIR PSIGOSOSIALE GESONDHEID VAKGROEP: SIELKUNDE

Baccalaureus Artium in Gedragswetenskappe

Sielkunde en Arbeidsverhoudingebestuur
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) of Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26Potchefstroom Vanderbijlpark
Baccalaureus Artium met Sielkunde en ToerismebestuurSielkunde en Toerismebestuur
  • Wiskunde: Vlak 3, 40–49%; of
  • Wiskundige Geletterdheid: Vlak 5, 60–69%
  • Onderrigtaal: Vlak 4, 50–59%
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
     
26Potchefstroom
Baccalaureus in Sosiale WetenskappeSielkunde
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26Mahikeng
VAKGROEP: MAATSKAPLIKE WERK
Baccalaureus in Maatskaplike WerkMaatskaplike Werk
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Beste gemiddelde punt
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 4 jaar
  • Aansoeke sluit 30 Junie
    Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
28Mahikeng
Potchefstroom Vanderbijlpark
SKOOL VIR VERPLEEGKUNDE
Baccalaureus in VerpleegkundeVerpleegkunde
  • Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid op vlak 4 (50-59%)
  • Fisiese Wetenskappe OF Lewenswetenskappe op vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Weens hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit sluit aansoeke 30 Junie.
  • Deelname aan die skaduwerkprogram (40 uur) word aanbeveel
  • Cambridge-leerders: Chemie en Fisika word vereis op vlak 4 (50-59%)
  • DUUR: 4 jaar
25Mahikeng Potchefstroom
Onderrigtaal is Engels of Afrikaans met opvoedkundige tolking vir nie-vlotte studente in die betrokke onderrigtaal. Studiegidse, eksamens en ander studiemateriaal/evaluerings/assesserings is in Engels en Afrikaans beskikbaar.

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame [die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO)], ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.

Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2027 akademiese jaar. Suksesvolle kandidate word aangemoedig om met die relevante fakulteit te kontak om seker te maak dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.