Gesondheidswetenskappe 2027

Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike Jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word.

Laai die jongste jaarboek af!

Neem asseblief kennis dat die Universiteit  – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings  – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

Gesondheidswetenskappe

Besoek die Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Graad Rigting Vakke / Vereistes APS Kampus
SKOOL VIR MENSLIKE BEWEGINGSKUNDE
Diploma in Afrigtingswetenskap Sportafrigting
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 2 jaar
18 Mahikeng Potchefstroom
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappe Sportafrigting en Menslike Bewegingskunde
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
24 Mahikeng Potchefstroom
Rekreasiekunde en Toerismebestuur
Sport- en Rekreasieadministrasie
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
24 Potchefstroom
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappe in Biokinetika Biokinetika
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) OF Wiskundige Geletterdheid Vlak 4 (50-59%) EN Fisiese Wetenskappe OF Lewenswetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Studente moet medies geskik wees vir die fisiese komponent van die kursus voordat hulle met studies in Biokinetika begin
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
32 Potchefstroom
SKOOL VIR FARMASIE
Baccalaureus in Farmasie Farmasie
  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit.
  • As gevolg van hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit, sal die volgende keuringsproses gevolg word:
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
32 Potchefstroom
SKOOL VIR FISIOLOGIE, VOEDING EN VERBRUIKERSWETENSKAPPE VAKGROEP: FISIOLOGIE
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappe Fisiologie en Biochemie
  • Wiskunde Vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26 Potchefstroom
Fisiologie en Sielkunde
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Lewenswetenskappe word aanbeveel
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
26 Potchefstroom
VAKGROEP: VERBRUIKERSWETENSKAPPE
Baccalaureus in Verbruikerswetenskappe Verbruikerstudies
  • Ten minste een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 6 (70%-79%) in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 3 jaar
24 Potchefstroom
in Voedselprodukbestuur
  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis.
  • Indien Chemie as ’n keusevak in die program gekies word, word Fisiese Wetenskappe op vlak 4 (50-59%) vereis.
  • Ten minste een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • ’n Gemiddelde punt bo 70% in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
24 Potchefstroom
in Modekleinhandelbestuur
  • Wiskunde op vlak 4 (50-59%) word vereis
  • ’n Gemiddelde punt bo 70% in Wiskundige Geletterdheid sal oorweeg word
  • Ten minste een vak uit die Natuurwetenskappe geslaag op vlak 4 (50-59%) (aangewese natuurwetenskapvakke: Wiskunde of Fisiese Wetenskappe of Landbou- of Lewenswetenskappe)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word, afhangende van kapasiteit
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
24 Potchefstroom
VAKGROEP: DIEETKUNDE
Baccalaureus Scientiae in Dieetkunde Dieetkunde
  • Wiskunde op vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe op vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
30 Potchefstroom
VAKGROEP: BEROEPSHIGIËNE
Baccalaureus in Gesondheids-wetenskappe in Beroepshigiëne Beroepshigiëne
  • Wiskunde Vlak 5 (60-69%) en Fisiese Wetenskappe Vlak 5 (60-69%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Laat aansoeke sal op meriete oorweeg word.
  • Akademiese papierkeuring
  • Beste gemiddelde punt
  • DUUR: 4 jaar
27 Potchefstroom
SKOOL VIR PSIGOSOSIALE GESONDHEID VAKGROEP: SIELKUNDE
BA Gedragswetenskappe Psigologie en Arbeidsverhoudingebestuur
Psigologie en Toerismebestuur
Psigologie en Geografie en
Omgewingsbestuur
  • Wiskunde Vlak 3 (40-49%) en Wiskundige Geletterdheid Vlak 5 (60-69%).
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26 Potchefstroom Vanderbijlpark
Baccalareus in Sosiale Wetenskappe Sielkunde
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 3 jaar
26 Mahikeng
VAKGROEP: MAATSKAPLIKE WERK
Skool vir Maatskaplike Werk Maatskaplike Werk
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Beste gemiddelde punt
  • Akademiese papierkeuring
  • DUUR: 4 jaar
28 Mahikeng Potchefstroom Vanderbijlpark
SKOOL VIR VERPLEEGKUNDE
Baccalaureus in Verpleegkunde Verpleegkunde
  • Fisiese Wetenskappe OF Wiskunde OF Lewensweten-skappe op vlak 4 (50-59%)
  • Vlak 4 (50-59%) vir onderrigtaal
  • Weens hoë volumes aansoeke en beperkte kapasiteit sal die volgende keuringsproses gevolg word
  • Deelname aan die skaduwerkprogram (40 uur) word aanbeveel
  • DUUR: 4 jaar
25 Mahikeng Potchefstroom
Onderrigtaal is Engels of Afrikaans met opvoedkundige tolking vir nie-vlotte studente in die betrokke onderrigtaal. Studiegidse, eksamens en ander studiemateriaal/evaluerings/assesserings is in Engels en Afrikaans beskikbaar.

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame [die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO)], ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.

Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2027 akademiese jaar. Suksesvolle kandidate word aangemoedig om met die relevante fakulteit te kontak om seker te maak dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.