Toelatingsvereistes

Let daarop dat onderstaande toelatingsvereistes bygewerk kan word na aanleiding van keurings- en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is onderhewig aan verandering en is slegs ‘n opsomming van die algemeenste studierigtings. Hierdie inligting is met die oog op algemene bekendstelling en oriëntering opgestel en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onjuisthede wat hierin mag voorkom nie. Die amptelike jaarboek van die Universiteit moet in alle gevalle by die samestelling van ‘n program vir die spesifieke studierigtings geraadpleeg word. Fakulteitsjaarboek kan aangevra word by: studies@mynwu.info of 018 285 4320.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit – weens bepaalde kapasiteitsbeperkings – die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens kapasiteitsbeperkinge en die ooraanbod van studente in bepaalde studierigtings sal studente op grond van hulle graad 12-uitslae gekeur word vir toelating tot hierdie rigtings.

 

Teologie

Besoek die Fakulteit Teologie

Graad

Rigting

Vakke / Vereistes

APS

Kampus

Moontlike Beroepsgeleenthede

BA in Antieke Tale as eerste kwalifikasie

 
  • NSS OF NS(V) vir graadstudies, OF met volle matrikulasievrystelling
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 3 jaar
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak

24

Potchefstroom

 

  • Bybelse Argeloog
  • Joernalis
  • Onderwys (oorsee)
  • Skrywer
  • Vertaler

BA in Pastorale Psigologie as eerste kwalifikasie

  • In oorleg met die Vereniging van Christelike Godsdienspraktisyns [Association of Christian Religious Practitioners (ACRP)]
 
  • ’n Nasionale Seniorsertifikaat met toelating tot B-graadstudie.
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 3 jaar
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak

26

Mahikeng
Vanderbijlpark

  • Pastorale berader
  • Sielkundige

BTh met Pastorale Begeleiding en Psigologie as eerste kwalifikasie 

  • In oorleg met die Vereniging van Christelike Godsdienspraktisyns [Association of Christian Religious Practitioners (ACRP)]
 
  • ’n Nasionale Seniorsertifikaat met toelating tot B-graadstudie.
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 3 jaar
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak

24

Potchefstroom

  • Bybelvertaler

Baccalaureus Divinitatis (BDiv)

In oorleg met die ...
• Kuratore van die GKSA
• Kuratore van die HK
• Kuratore van die NGK

 
  • NSS OF NS(V) vir graadstudies, OF met volle
  • matrikulasievrystelling 
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 4 jaar 
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak; *Afstand
24

Potchefstroom 

* Afstand

  • Predikant in die Gereformeerde Kerke in SA
  • Predikant in die Hervormde Kerk
  • Predikant in die Nederduits-Gereformeerde Kerk

BTh met Bybeltale en Bybelvertaling

 
  • NSS OF NS(V) vir graadstudies, OF met volle matrikulasievrystelling
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 3 jaar
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak, *Afstand

24

Potchefstroom

  • Bybelvertaler

BTh in Christelike Bediening as eerste kwalifikasie

In oorleg met die ...

  • Beheerliggaam oor Teologiese Opleiding
  • Departement van Opvoeding en Opleiding van die AGS
 
  • NSS OF NS(V) vir graadstudies, OF met volle matrikulasievrystelling
  • Engels vlak 4
  • DUUR: 3 jaar
  • METODE VAN AFLEWERING: Kontak, *Afstand
24

Mahikeng

Potchefstroom 

* Afstand

  • Pastoor in ’n Charismatiese Kerk
  • Pastoor in die AGS

*Vir afstandsonderrigaanbieding besoek distance.nwu.ac.za

 

HOKSR-belyning

Universiteite in Suid Afrika is volgens wet verplig om deel te neem aan die Nasionale Projek onder leiding van die eksterne goedkeuringsliggame (die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Outoriteit (SAKO), ten einde alle kwalifikasies te belyn met die Hoër Onderwys Kwalifikasies, Sub-Raamwerk (HOKSR). Die NWU is dus deurlopend in proses om die universiteit se kwalifikasie- en programaanbod te belyn met die vereistes van die HOKSR.


Voornemende studente moet kennis neem van die feit dat daar van die NWU kwalifikasiename, programname asook die samestelling van kurrikula kan verander as gevolg van die HOKSR Projek, voor registrasie vir die 2024 akademiese jaar.
Suksesvolle kandidate word aanbeveel om met die relevante fakulteit kontak te maak ten einde te verseker dat hul vir die korrekte kwalifikasie, program en/of kurrikulum registreer.