Noordwes-Universiteit – Dit begin alles hier!

Kontak ons!

WhatsApp-lyn: +27 (0) 60 070 2606 | SMS-lyn: 31750 | NWU-oproepsentrum: 0860 169 698 
E-pos: studies@nwu.ac.za 

Hoekom is vakkeuses belangrik?

In Graad 9 moet jy vakke vir Graad 10-12 kies wat jou toekomstige loopbaanopsies sal help bepaal. Die regte keuses bied meer studie- en loopbaanopsies ná matriek. Jou drome moet ooreenstem met jou talente, passies en waardes – wees dus eerlik met jouself! Jou vakkeuses moet jou opgewonde maak, dit moenie bloot “maklik” voel nie.

Belangstellingsbepaler (Interest-Index)

Jy moet binnekort jou vakkeuses maak. Ons weet dit kan oorweldigend wees aangesien jy soveel opsies het. Daar is vier verpligte vakke wat jy moet neem.

Vereistes vir Graad 10-vakke:

Vier verpligte vakke

1. Een Amptelike Taal: Dit is jou keuse as eerste amptelike taal.

2. Eerste Addisionele Taal: Hierdie vak laat jou toe om ʼn addisionele taal aan te leer.

3. Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid: Jy kan kies tussen Wiskunde, wat fokus op probleemoplossing en logiese denke, of Wiskundige Geletterdheid, wat praktiese toepassings van wiskunde in werklike situasies benadruk.

4. Lewensoriëntering: Hierdie vak dek verskeie belangrike lewensvaardighede, soos persoonlike ontwikkeling, gesondheid en welstand, beroepsvoorligting, en maatskaplike verantwoordelikheid.

Kies jou vakke

Jy kan nog drie vakke kies uit die onderstaande lys. Moenie haastig wees nie, verken jou belangstellings, en kies die vakke waarby jy aanklank vind.

Onthou, hierdie vakke is geleenthede vir jou om jou passies na te streef, jou kennis uit te brei, en voor te berei vir jou toekomstige loopbaan. Ons moedig jou aan om vakke te kies wat ooreenstem met jou belangstellings en aspirasies.

 

 

Kies van die NSS 20-krediet Vakke

Kies ʼn minimum van drie (3) vakke van die NSS 20-krediet goedgekeurde vakke:

Kies die vakke wat jou belangstelling prikkel en wat met jou doelwitte strook.

  1. Aardrykskunde
  2. Besigheidstudies
  3. Dansstudies
  4. Dramatiese Kunste
  5. Ekonomie
  6. Elektriese Tegnologie (Digitale Stelsels)
  7. Elektriese Tegnologie (Elektronika)
  8. Elektriese Tegnologie (Kragstelsels)
  9. Fisiese Wetenskappe
  10. Gasvryheidstudies
  11. Geskiedenis
  12. Godsdiensstudies
  13. Ingenieursgrafika en -ontwerp
  14. Inligtingstegnologie
  15. Landboubestuurspraktyke
  16. Landboutegnologie
  17. Landbouwetenskap
  18. Lewenswetenskappe
  19. Mariene Wetenskap
  20. Maritieme Ekonomie
  21. Meganiese Tegnologie (Motor)
  22. Meganiese Tegnologie (Paswerk en Masjinering)
  23. Meganiese Tegnologie (Sweiswerk en Metaalwerk)
  24. Musiek
  25. Ontwerp
  26. Rekenaartoepassingstegnologie
  27. Rekeningkunde
  28. Siviele Tegnologie (Houtbewerking)
  29. Siviele Tegnologie (Konstruksie)
  30. Siviele Tegnologie (Siviele Dienste)
  31. Sport- en Oefenkunde
  32. TALE: ’n Maksimum van drie tale op HL en EAL en ’n maksimum van vier tale op enige vlak (sien opsies hieronder).
  33. Tegniese Wetenskap
  34. Tegniese Wiskunde
  35. Toerisme
  36. Verbruikerstudies
  37. Visuele Kunste

Taalopsies:

  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Afrikaans Huistaal
  • Afrikaans Tweede Addisionele Taal
  • Arabies Tweede Addisionele Taal  
  • Urdu Eerste Addisionele Taal
  • Urdu Huistaal
  • Urdu Tweede Addisionele Taal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Engels Huistaal
  • Engels Tweede Addisionele Taal
  • Frans Tweede Addisionele Taal
  • Xitsonga Eerste Addisionele Taal
  • Xitsonga Huistaal
  • Xitsonga Tweede Addisionele Taal
  • Duits Huistaal
  • Duits Tweede Addisionele Taal
  • Gujarati Eerste Addisionele Taal
  • Gujarati Huistaal
  • Gujarati Tweede Addisionele Taal
  • Latyn Tweede Addisionele Taal
  • Moderne Grieks Tweede Addisionele Taal
  • Portugees Eerste Addisionele Taal
  • Portugees Huistaal
  • Portugees Tweede Addisionele Taal
  • Hebreeus Tweede Addisionele Taal
  • Hindi Eerste Addisionele Taal
  • Hindi Huistaal
  • Hindi Tweede Addisionele Taal
  • IsiNdebele Eerste Addisionele Taal
  • IsiNdebele Huistaal
  • IsiNdebele Tweede Addisionele Taal
  • IsiXhosa Eerste Addisionele Taal
  • IsiXhosa Tweede Addisionele Taal
  • IsiZulu Eerste Addisionele Taal
  • IsiZulu Huistaal
  • IsiZulu Tweede Addisionele Taal
  • Italiaans Tweede Addisionele Taal
  • Tamil Eerste Addisionele Taal
  • Tamil Huistaal
  • Tamil Tweede Addisionele Taal
  • Telegu Eerste Addisionele Taal
  • Telegu Huistaal
  • Telegu Tweede Addisionele Taal
  • Tshivenda Eerste Addisionele Taal
  • Tshivenda Huistaal
  • Tshivenda Tweede Addisionele Taal

 

 

Hoekom is vakkeuses so belangrik?

Vakkeuses speel ʼn deurslaggewende rol in die vorming van jou akademiese loopbaanpad. Van Graad R tot Graad 9 het jy ʼn fondament gebou wat rigtinggewend sal wees vir jou keuses in Graad 10. Die vakke wat jy nou kies, sal die grondslag lê vir jou universiteitstudie en toekomstige loopbaangeleenthede.

Wanneer jy oor jou vakke besluit, oorweeg die kennis wat jy tot dusver opgedoen het, hoeveel jy die vakke geniet het, en watter vaardighede jy verwerf het en verder wil ontwikkel. Dit is belangrik om die moeilikheidsgraad vir elke vak te assesseer en jouself af te vra: Sal ek in my gekose vakke kan presteer?

Noukeurige vakkeuses weg die baan vir sukses. Hierdie vakke sal jou voorsien van die nodige vaardighede en kennis in jou gewenste studierigting. Neem dus die tyd om ingeligte besluite te neem en kies verstandig.

Hoe pas vakkeusevoorligting by die beroepsbesluitnemingsproses in?

Vakkeusevoorligting speel ʼn deurslaggewende rol in die proses om beroepsbesluite te neem. Dit is noodsaaklik om professionele leiding te soek om ingeligte keuses te maak. Deur opgeleide kundiges, soos beroepsvoorligters, te raadpleeg wat jou belangstellings, waardes, aanleg en akademiese prestasies in oorweging neem, kan jy waardevolle insigte en opsies ontvang wat spesifiek afgestem is op jou sterkpunte en aspirasies.

By die Noordwes-Universiteit verstaan ons die belangrikheid van beroepsvoorligting in samehang met vakkeuses. Ons doelwit is om jou van die nodige ondersteuning en hulpbronne te voorsien om jou te help om goed ingeligte besluite te neem wat ooreenstem met jou loopbaanaspirasies. Deur ons leiding kan ons jou help om verskeie paaie te verken en die beste moontlike opsies vir jou toekoms te ontdek.

Vind jou toekomstige loopbaan met die NWU se Belangstellingsbepaler!

Die NWU se GRATIS Belangstellingsbepaler-opname gee jou waardevolle insig in die aktiwiteite wat jy die boeiendste en lonendste vind. Jou persoonlike verslag sal noodsaaklik wees om jou te help om ingeligte besluite oor jou akademiese reis te neem, van skoolvakkeuses tot tersiêre opleiding.

  • Die Belangstellingsbepaler nie bedoel is om ʼn plaasvervanger te wees vir professionele beroepsvoorligting nie.
  • Sodra jy die opname voltooi het, sal jy ʼn persoonlike verslag ontvang met inligting oor beroepe en tersiêre kursusse wat moontlik jou belangstelling sal prikkel.
  • Vir professionele loopbaanvoorligting (psigometriese toetse), kontak gerus ons Departement Studentevoorligtingsdienste by 018 299 2893. Of kontak ʼn Loopbaansielkundige in jou area.

Vereistes vir toelating tot studie aan die NWU:

  1. ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ʼn baccalaureusgraad, uitgereik deur Umalusi.
  2. ʼn NSS met ten minste 50% in enige vier NSS 20 krediet-vakke.
  3. Die Toelatingsvereistes van die betrokke universiteit met betrekking tot die taal van onderrig en leer (ten minste 50% tot 70% in die onderrigtaal).
  4. Die vereiste Akademiese Punteskaal (APS) of Cambridge-vlak word deur universiteite bepaal vir spesifieke studieprogramme.
  5. Vakspesifieke vereistes vir spesifieke studieprogramme (bv. Wiskunde 70% en Fisiese Wetenskap 60% vir Ingenieurswese).

 

Verpligte skoolvakke wat nodig is om aan die NWU te studeer:

Taal 1: Engels of Afrikaans

  • Medium van onderrig en leer
  • Verplig vir alle programme
  • 50% – 70% minimum aanvaar

 

Taal 2

 

Wiskunde

  • Verplig vir alle BCom, BSc, en Ingenieurswese.

 

Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid

  • Aanvaarbaar vir alle BA, BCom en BCom Uitgebreide Grade.
  • BA Regte: Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
  • BCom Ekon en Bemarking: Wiskunde 50%
  • BCom GR: Wiskunde 60%, Rekeningkunde 50%
  • BA Kommunikasie Amptelike Taal 70%, 2de Taal 60%

 


Wat kan jy by NWU studeer?

Toelatingsvereistes

Let daarop dat bogenoemde toelatingsvereistes kan verander hangende keuring en moontlike fakulteitspesifieke vereistes.

Studie-inligting is ook onderhewig aan verandering, en dit is ʼn opsomming van die algemene studierigtings. Hierdie inligting is opgestel vir doeleindes van bekendstelling en oriëntering en die Noordwes-Universiteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir onakkuraathede wat in hierdie gids mag voorkom nie. Die amptelike universiteitsjaarboek moet in alle gevalle geraadpleeg word tydens die proses van die opstelling van ʼn program vir ʼn spesifieke studierigting.

Neem asseblief kennis dat die Universiteit as gevolg van spesifieke kapasiteitsbeperkings hom die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot bepaalde studierigtings te keur. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimum vereistes voldoen nie outomaties tot die betrokke kursusse toegelaat sal word nie. Weens die kapasiteitsbeperkings en die groot vraag na toelating tot bepaalde studierigtings, sal studente op grond van hul finale Graad 11-uitslae gekeur word en volledig aanvaar word vir toelating op grond van hul finale Graad 12-uitslae.