Keuringsinligting

  • Papier/Akademiese keuring: Keuring word gedoen op akademiese prestasie van Gr.11 (finale punte) of Gr.12 (Junie- of finale punte) en die beste kandidate word gekeur. Gemiddelde prestasie word ook in berekening gebring. Suksesvolle kandidate moet steeds aan die minimum vereistes voldoen in die finale Gr.12 eksamen.
  • Keuringstoetse: Bykomend tot akademiese prestasie mag sommige programme keuringstoetse vereis wat psigometriese vraelyste mag insluit. Verwys asseblief na die onderstaande inligting vir elke program.
  • Sluitingsdatums:

Keuringsrigtings

LET WEL: Keuring beteken nie dat jy ʼn keuringstoets moet skryf nie. Daar is verskeie keuringsprosesse vir die verskillende rigtings. Lees asseblief noukeuring deur die inligting op hierdie blad om te bepaal of jy ʼn keuringstoets moet skryf.


Kursusse wat keuringstoetse vereis

Keuring word gedoen aan die hand van akademiese prestasie op Gr 11 of Gr 12-punte asook 'n psigometriese evaluasie. Die psigometriese evaluasie sluit in persoonlikheid, aanleg en ander vraelyste soos vereis deur die spesifieke akademiese program.

  • Teologie
    • Keuring bestaan uit die Gr.11-punte (of Gr.12 indien beskikbaar). Slegs studente wat van voorneme is om in die bediening van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika opleiding te ontvang moet ʼn psigometriese assessering voltooi. Inligting oor die assessering en reëlings daarvoor sal direk deur die fakulteit aan die kandidaat gekommunikeer word.

Vir keuringsnavrae, stuur gerus ʼn epos na selections@nwu.ac.za.


Ingenieurswese

Nadat jy jou aansoek ingedien het, sal jy 'n brief ontvang wat jou inlig of jy aan die kriteria vir ingenieurstudies voldoen. Indien jy nie aan al die programvereistes met jou graad-11-punte voldoen nie, kan jy steeds deur die keurkomitee oorweeg word. Die keurkomitee sal die ingenieurstoets of die Xcel-program aanbeveel as alternatiewe maniere om vir ingenieurswese te kwalifiseer. Indien jy 'n uitnodigingsbrief ontvang om die Ingenieurstoets te skryf (uitgereik deur die CAAO /Toelatingskantoor), kan jy die Fakulteit Ingenieurswese kontak vir 'n afspraak. Lees meer oor die  keuringsproses vir Ingenieurswese.