Wanneer maak NWU se aansoeke jaarliks?

NWU se aansoeke open jaarliks op 2 April.

Wat is die toelatingsvereistes?

Vind die toelatingsvereistes van ons voorgraadse kwalifikasies by: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/studierigtings.

Hoe kan ek my APS-telling bereken?

Die APS-sakrekenaar word gebruik vir NSC-, IEB- en SACAI-resultate. As jy ’n ander buitelandse skoolstelsel gebruik, laai asseblief die volgende dokument af vir meer inligting. ’n Omskakelingstabel is ingesluit in die dokument om jou te help om jou APS-telling te bereken.

Aanvaar NWU laat aansoeke?

Nee, NWU aanvaar nie laat aansoeke nie.

As jy die aansoeksluitingsdae gemis het, registreer by die regeringsinisiatief, die Sentrale Aansoekklaringshuis (CACH): https://www.gov.za/services/central-applications-clearing-house#.

  • Die CACH-stelsel sal jou inligting na universiteite stuur met moontlike beskikbare plekke. As jy aan die nodige kriteria voldoen, mag hierdie instellings jou kontak.

Waar kan ek ’n kwotasie vir studies kry?

Kontak asseblief ons finansiële kantore vir ’n kwotasie by die volgende e-posadresse:

Of besoek: https://services.nwu.ac.za/af/student-accounts-and-bursaries/kwotasies

Hoeveel is NWU se aansoekfooi?

Daar is geen aansoekfooi nie. Internasionale studente moet ’n fooi van R600 betaal.

Hoe kan ek aansoek doen vir studiebeurse?

nligting oor studiebeurse is beskikbaar by: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/beurse. Indien jy spesifieke vrae het of wil aansoek doen, kan jy die volgende e-posadresse kontak gebaseer op jou kampus:

Mahikeng-kampus:

Potchefstroom-kampus:

Vanderbijlpark-kampus:

Vir sportbeurse, kontak asseblief Corene Middleton by corene.middleton@nwu.ac.za.

Waar kan ek my NSFAS-status vind?

NSFAS is ʼn onafhanklike instelling, en NWU ontvang slegs ’n lys van suksesvolle aansoekers en open hul rekeninge vir registrasie. Om jou NSFAS-status na te gaan, besoek asseblief die amptelike NSFAS-webwerf: https://www.nsfas.org.za/content/index.html

Hoe en waar kan ek vir NSFAS aansoek doen?

Besoek: https://my.nsfas.org.za/mynsfas/selfservice.html vir inligting oor NSFAS. Indien jy nie toegang het tot aanlynhulpbronne nie, is jy welkom om enige tersiêre instelling te besoek wat jou sal help om aanlyn vir NSFAS aansoek te doen.

  • Maak seker dat jy ’n geldige e-posadres, selfoonnommer en die nodige ondersteunende dokumente het.

Wanneer sal ek terugvoer van Funza Lushaka ontvang?

Funza Lushaka is ʼn onafhanklike instelling, en NWU ontvang slegs bevestiging van suksesvolle aansoekers teen einde Maart. Indien jy geen terugvoer ontvang het nie, besoek die amptelike Funza Lushaka-webwerf: http://www.funzalushaka.doe.gov.za/  om navraag te doen oor jou aansoekstatus.

Wanneer is NWU se Opedae?

NWU het jaarliks drie kampus opedae:

  • 4 Mei: Potchefstroom-kampus
  • 11 Mei: Vanderbijlpark-kampus
  • 18 Mei: Mahikeng-kampus

Vir meer inligting, besoek: https://studies.nwu.ac.za/af/opedae

Ons moedig voornemende studente aan om aansoek te doen by https://applynow.nwu.ac.za/OnlineApplication/ en vir meer inligting oor ons kwalifikasies, besoek: https://studies.nwu.ac.za/af/studies/studierigtings.

Wanneer sluit NWU se aansoeke?

Die sluitingsdatum vir keuringskursusse en koshuise-aansoeke is 30 Junie. Neem kennis: jy moet aansoek doen vir koshuistoelating voor die sluitingsdatum vir keuringskursusse.

Vir alle ander kursusse is die sluitingsdatum 31 Augustus.

Kan ek my kursus verander nadat ek aansoek gedoen het?

Jy kan jou kursus verander op voorwaarde dat daar plekke beskikbaar is in die fakulteit van jou keuse en dat jy aan die toelatingsvereistes vir die nuwe kursus voldoen. Skakel asseblief die tolvrye nommer: 0860 169698 of stuur ’n e-pos na: studies@nwu.ac.za.

Hoe kan ek aansoek doen vir koshuistoelating?

Aansoeke vir koshuisplasing open 2 April en sluit 30 Junie. Dui asseblief jou voorneme om vir koshuisplasing aansoek te doen aan tydens jou aansoek vir toelating. Na ontvangs en aanvaarding van ’n voorwaardelike aanbod, sal jy in staat wees om ’n formele koshuisaansoek te voltooi deur jou voorkeur-koshuiskeuses aan te dui. 

Waar kan ek inligting kry oor hoe om ’n psigometriese toets te doen vir vakkeuses?

Jy kan ’n loopbaanleidingsessie bespreek deur die Konsultasievorm vir Studentegids & -ontwikkeling (SCD) te gebruik. Jy kan ook ons Belangstellingsbepaler-opname voltooi.

Kan ek my studies by NWU voltooi, indien ek by ’n ander instelling gestudeer het?

Ja. Wanneer jy aansoek doen, moet jy steeds jou matrieksertifikaat voeg saam met die akademiese rekord van jou huidige instelling. Die fakulteit sal besluit oor toelating en krediete.

Wie kan ek kontak as ek tegniese probleme tydens die aanlyn aansoekproses ervaar?

Kontak #MyNWU by:

  • Gratis nommer: 0860 169698 (0860 1mynwu)
  • E-pos: studies@nwu.ac.za
  • WhatsApp-nommer: +27 (0) 60 070 2606
  • SMS-nommer: 31750

Hoe lank neem dit om terugvoer te kry oor my aansoek?

Ons streef daarna om so vinnig as moontlik te antwoord, maar ons ontvang ’n groot aantal aansoeke. Dit hang ook af van of alle relevante dokumente ingedien is en die tydperk waarin jy aansoek doen.

Vir watter kursusse kwalifiseer ek?

Indien jy onseker is oor watter kursus om te kies, kan jy begin met ons Belangstellingsbepaler. Dit sal help om potensiële kwalifikasies te identifiseer op grond van jou belangstellings. Daarna kan jy ons fakulteitbladsye verken vir besonderhede oor ons kursusse en hul onderskeie toelatingsvereistes.

Ek is gestremd of het addisionele ondersteuning nodig. Wie kan ek kontak of waar kan ek hiervoor registreer?

Tydens die aansoekproses is daar ’n afdeling waar hierdie inligting vasgevang kan word. Jy is ook welkom om Thuso te kontak by 018 299 1777.

Moet ek die NBT’s skryf? Hoe werk die keuringsproses by die NWU?

Nee, NWU maak nie gebruik van NBT-toetse nie. Vir ons keuringsprosedure, besoek: https://studies.nwu.ac.za/af/undergraduate-studies/keuring

My aansoek was onsuksesvol as gevolg van kapasiteitsbeperkinge. Wat beteken dit?

Let asseblief daarop dat, as gevolg van spesifieke kapasiteitsbeperkings, die Universiteit die reg voorbehou om kandidate vir toelating tot sekere studierigtings te selekteer. Dit beteken dat voornemende studente wat aan die minimumvereistes voldoen, nie outomaties toegelaat sal word tot die betrokke kursusse nie. As gevolg van die kapasiteitsbeperkings en die hoë aanvraag van studente vir toelating tot spesifieke studierigtings, sal studente gekies word op grond van hul Graad 12-resultate vir toelating tot hierdie studierigtings.

Wat is n dorpskoshuis en hoe werk dit?

Studente wat nie in kampuskoshuise woon nie (soos diegene wat in kamers, woonstelle, buitekamers, of by hul ouers woon), kan deelneem aan georganiseerde studentelewe deur by ’n “dorpskoshuis” aan te sluit.

Dorpskoshuise werk soortgelyk aan tradisionele koshuise op kampus en volg dieselfde organisatoriese struktuur en riglyne.

Kan ek ’n geboortesertifikaat vir my aansoek gebruik?

Nee, jy moet met jou ID aansoek doen.

Wat is die verskil tussen BA in Regte en LLB?

’n LLB is ’n graad wat spesifiek op die reg fokus en is ’n vereiste vir registrasie as ’n advokaat of prokureur. Die duur van die LLB graad is 4 jaar.

Die duur van die BA Regte is 3 jaar en bestaan uit regsvakke en een van die volgende hoofvakke: Engels, Bedryfsielkunde, Filosofie, Politieke Studies en Sielkunde. Na voltooiing van die BA graad kan studente nog twee jaar se voltydse studie onderneem om ’n LLB graad te verkry.