Eerstejaarstudente 2026

FAQ

Neem kennis

Finale verlenging van die registrasieperiode

20 Februarie 2026

Ons neem kennis van en erken dat sommige studente steeds worstel met die bevestiging en finalisering van finansiële goedkeurings en verwante sake. Die betrokke eerstejaarstudente is diegene wat finale toelatingsaanbiedinge vir programme in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en die Fakulteit Opvoedkunde ontvang het. Daarom word die registrasieperiode soos volg verleng...lees meer

Kampusprogramme

2026 Oriënteringsprogram vir eerstejaarstudente

Die Noordwes-Universiteit sal die 2026 Oriënteringsprogram vir eerstejaarstudente vanaf 31 Januarie – 7 Februarie 2026 aanbied . Die volgende raamwerk verskaf meer inligting oor die aankoms van eerstejaarstudente, belangrike datums en die aanvang van akademiese klasse.

 

Beskrywing Datum
Begin van aanlyn registrasie vir eerstejaarstudente 19 Januarie 2026

Intrekdatum vir eerstejaarstudente wat in NWU-koshuise geplaas is

Vanaf 29 Januarie 2026
**Gaan voort soos die registrasieproses ontvou. 

Registrasietydperk van studente wat deel vorm van daghuise
**Slegs Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampusse.

 29 Januarie 2026  (en vorentoe)

Kampusverwelkomingsdag vir eerstejaarstudente, ouers en voogde
**Insluitend verwelkomingsgeleenthede by universiteitskoshuise en daghuise

31 Januarie 2026
Oriënteringsprogram vir NWU-koshuise en daghuise begin 31 Januarie 2026
Hooforiënteringsprogram begin 02 Februarie 2026
Fakulteit- en Skoolspesifieke verwelkomingsdag en oriëntasie 08 Februarie 2025
Institusionele Verwelkomingsdaggeleentheid vir alle eerstejaarstudente [vanaf Mahikengkampus, regstreeks gestroom na Potchefstroom- en Vanderbijlparkkampus, en vir Afstandleerstudente] 07 Februarie 2026
Hooforiënteringsprogram eindig 07 Februarie 2026

TAG/TALL deadline extension