Teken aan (stap-vir-stap)
Stap 1: Kry 'n studentenommer (begin by stap 2 indien jy reeds een het)
- Gaan na die platform vir aanlyn aansoeke
- Klik op Verander taal
- Kies Afrikaans en verander
- Klik op Nuwe aansoek
- Klik op Skep nuwe studentenommer en voltooi al die velde
Let wel: Die toekenning van ʼn studentenommer beteken nie dat die aansoekproses voltooi is nie. Gaan asseblief deur al die onderstaande stappe om te verseker dat u aansoek voltooi is en dat dit ons bereik. Onvolledige aansoeke sal nie deur die Universiteit verwerk word nie.
Stap 2: Teken in
Wanneer jy jou studentenommer kry, gebruik dit saam met die PIN wat jy self geskep het om in te teken.
Stap 3: Wat wil jy studeer?
Voltooi al die velde. Gebruik die jaarboeke om meer inligting te kry oor die kwalifikasies, afleweringsmodusse en kurrikulums.
Stap 4: Oplaai van stawende dokumentasie
Laai die volgende stawende dokumente op sodat jou aansoek oorweeg kan word. As die aansoek onvolledig is, kan die Universiteit dit van die hand wys:
- Graad 12-uitslae, graad 11-uitslae (slegs finale uitslae) of 'n afskrif van u matrieksertifikaat - indien jy reeds matriek geslaag het
- Aansoekers wat tans in die proses is om hul graad 12 uitslae op te gradeer, sal slegs oorweeg word wanneer verbeterde punte aan die NWU voorgelê word.
- Aansoekers wat Cambridge, GED of enige ander nie-NSS kurrikulum volg, of wat moontlik vir vrystelling op grond van gevorderde ouderdom of naskoolse kwalifikasies kwalifiseer, moet ‘n vrystellingsertifikaat verskaf soos uitgereik deur USAF
- Voltooide ondernemingsvorm
- Afskrif van jou ID
- 'n Afskrif van jou akademiese rekord (indien van toepassing)
-
Addisionele dokumentasie vir internasionale voornemende studente:
- ʼn Afskrif van tersaaklike uitslae en vorige kwalifikasies
- ʼn Afskrif van jou paspoort
- Meer inligting oor betaalbare gelde
Stap 5: Dien aansoek in
Maak seker dat jy die "Dien aansoek in" -knoppie druk as jy klaar is, om seker te maak dat ons jou aansoek ontvang.
Betaalbare gelde
Bankbesonderhede:
- ABSA-rekeningnommer: 409 169 1369
- Rekeningnaam: NW University Online Registration
- Takkode en -naam: 632 005, Tomstraat
- Verwysing: Studentenommer
Kontakbesonderhede vir hulp/inligting
- 018 299 4383/4130/4263/2445
- 018 285 2227/2332
- applicationsug@nwu.ac.za
#Become More - kitsinligting
#Become More - Kyk hoe om by die NWU-familie aan te sluit: http://studies.nwu.ac.za/af/become-more-kitsinligting