Noordwes-Universiteit – Dit Begin Alles Hier!
Hoekom is jou finale Graad 11-uitslae belangrik?
Jou finale Graad 11-uitslae kan bepalend wees vir jou toekomsplanne, so maak seker dat jy jou bes doen. By die NWU en ander universiteite is jou Graad 11-punte meer as net punte op ʼn rapport – dit word gebruik om jou universiteitsaansoek te assesseer.
- Die NWU gebruik jou Graad 11-uitslae om jou aansoek te assesseer.
- Hierdie uitslae is die eerste indruk wat jy op universiteitsvlak skep.
- Goeie uitslae kan jou kanse op voorlopige toelating verbeter.
- Om jou finale aanvaarding te verseker, moet jy jou matriekuitslae handhaaf of verbeter.
Wat is die vereistes vir universiteitstoelating?
- Behaal ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), uitgereik deur Umalusi, wat ook aandui dat jy aan die vereistes vir ʼn baccalaureusgraad voldoen het.
- Die minimum toelatingsvereistes vir graadstudies is ʼn NSS met minstens 50% in enige vier NSS 20 krediet-vakke.
- Die APS word bereken op grond van ses (6) vakke, uitgesluit Lewensoriëntering.
- Vakspesifieke vereistes per fakulteit wat insluit 50% vir die taal van onderrig en leer.
Verken jou opsies
Verken die onderstaande hulpbronne om jou te help voorberei vir universiteit:
- Hoe bereken ek my APS?
- Privaat en Internasionale Skoolstelsels
- Verken jou studie-opsies (& toelatingsvereistes)
Vind jou toekomstige loopbaan met die NWU se Belangstellingsbepaler!
Die GRATIS NWU Belangstellingsbepaler-opname help jou om die loopbane en studierigtings te ontdek wat die beste by jou belangstellings en sterkpunte pas.
Sodra jy die opname voltooi het, sal jy ʼn persoonlike verslag ontvang wat noodsaaklik sal wees om jou te help om ingeligte besluite oor jou akademiese reis te neem, van skoolvakkeuses tot tersiêre opleiding.
Let wel:
- Die Belangstellingsbepaler nie bedoel is om ʼn plaasvervanger te wees vir professionele beroepsvoorligting nie
- Vir professionele loopbaanvoorligting (psigometriese toetse), kontak gerus die NWU se Studentevoorligtingsdiens by 018 299 2893. Alternatiewelik kan jy ʼn Loopbaansielkundige in jou area kontak.
- Bespreek ʼn konsultasiesessie met Studenteberading en -ontwikkeling (SBO)!
Kies jou toekomstige loopbaan
Die NWU is bekend vir sy uitstaande onderwys en sy grade met ʼn groot impak. Die universiteit bied programme oor agt (8) fakulteite aan:
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Opvoedkunde
- Ingenieurswese
- Gesondheidswetenskappe
- Geesteswetenskappe
- Regte
- Natuur- en Landbouwetenskappe
- Teologie
Elke fakulteit bied wêreldklasprogramme wat ontwerp is om jou toe te rus met die kennis en vaardighede wat jy nodig het om in jou gekose vakgebied te floreer. Of jy nou in besigheid, onderwys of regte belangstel, ons het die regte program vir jou.
Wat is ʼn keuringskursus?
Wanneer jy aansoek doen vir jou voorkeurstudierigting by die Noordwes-Universiteit is dit belangrik om te weet dat sekere kursusse addisionele assesserings het, soos ʼn portefeulje of ʼn oudisie, met die algemene vereistes en verwagte akademiese prestasievlakke (APS- of Cambridge-vlak)
Jou Graad 11-uitslae speel ʼn belangrike rol in jou aansoekproses. Keuring vir verskeie studierigtings by die NWU is hoofsaaklik gebaseer op jou akademiese prestasies in Graad 11 (finale punte) of Graad 12 (finale punte). Ons oorweeg hierdie uitslae, tesame met jou algehele akademiese prestasie, noukeurig wanneer ons die beste kandidate vir elke program identifiseer.
Waar is die NWU geleë?
Elke kampus bied ʼn unieke studente-ervaring. Sommige kwalifikasies word slegs op spesifieke kampusse aangebied, daarom is dit belangrik om vas te stel wat die korrekte kampus vir jou gekose program is.
Dit Begin Alles Hier!
Toelatingsvereistes
Let asseblief daarop dat hierdie toelatingsvereistes van jaar tot jaar kan verander, en ook tussen fakulteite en programme kan verskil.
Die inligting wat op hierdie bladsy verskaf word, is bedoel as ʼn algemene riglyn. Voornemende studente moet altyd na die nuutste uitgawe van die NWU-jaarboek verwys vir die mees resente programinligting en toelatingsvereistes.
Voldoening aan die minimum vereistes waarborg nie toelating tot die NWU nie. Weens beperkte kapasiteit in sommige programme mag die Universiteit aansoekers selekteer op grond van hul finale Graad 11-uitslae, met finale toelating wat bevestig word na die vrystelling van hul finale Graad 12-uitslae.