NWU-alumni vul ruimtes 

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het nog altyd jong leiers gekweek wat buitengewoon goed vaar in hulle loopbane. Met Junie wat Jeugmaand is, het die NWU besluit om die jeug van 1976 te herdenk deur die Universiteit se jong alumni te vereer.

Verskeie allumni tussen die ouderdom van 23 en 35 jaar se profiele word geskets as deel van die #SeeThemSoar-veldtog, ’n inisiatief wat individue wat in hulle loopbane uitblink se lewens wil vier.

Ontmoet ons baanbrekers

Die publiek gaan eksklusiewe inligting kry oor hoe ver hierdie opkomende bedryfsleiers gevorder het sedert hulle hulle kwalifikasies verwerf het, wat hulle suksesresepte is, wat hulle motiveer en watter prestasies hulle behaal het. Ons hoop dat hierdie alumni nie net hulle eweknieë sal inspireer nie, maar ook die jonger geslag.